- 
			
				
Leer por capítulos:
- 
									
   Afrikaans (1953)									 - 
									
									 
- 
									
									1
									 
									 
									|Ezequiel 47:1|
									Daarna het hy my teruggebring na die ingang van die huis, en kyk, daar het waters uitgestroom onder die drumpel van die huis uit, na die ooste toe; want die voorkant van die huis was na die ooste toe; en die waters het weggevloei onder die regtersymuur van die huis uit, suid van die altaar.									
									    
								 
- 
									
									2
									 
									 
									|Ezequiel 47:2|
									En hy het my uitgebring deur die noordpoort en my buitekant om laat gaan na die buitenste poort wat na die ooste kyk; en kyk, die waters het gekabbel uit die regtersymuur uit.									
									    
								 
- 
									
									3
									 
									 
									|Ezequiel 47:3|
									Toe die man na die ooste uitgegaan het met 'n meetsnoer in sy hand, het hy duisend el gemeet; en hy het my deur die waters laat deurgaan--waters tot aan die enkels.									
									    
								 
- 
									
									4
									 
									 
									|Ezequiel 47:4|
									Toe het hy nog duisend gemeet en my deur die waters laat deurgaan--waters tot aan die knieë; en hy het nog duisend gemeet en my laat deurgaan--waters tot aan die heupe.									
									    
								 
- 
									
									5
									 
									 
									|Ezequiel 47:5|
									Verder het hy nog duisend gemeet--'n stroom wat ek nie kon deurgaan nie! Want die waters het opgerys--waters om in te swem, 'n stroom waar 'n mens nie deur kan loop nie.									
									    
								 
- 
									
									6
									 
									 
									|Ezequiel 47:6|
									En hy het vir my gesê: Het jy dit gesien, mensekind? Toe het hy my weer terug laat loop aan die kant van die stroom.									
									    
								 
- 
									
									7
									 
									 
									|Ezequiel 47:7|
									Terwyl ek teruggaan, kyk, toe het ek aan die kant van die stroom 'n menigte bome gesien, aan altwee kante.									
									    
								 
- 
									
									8
									 
									 
									|Ezequiel 47:8|
									En hy het vir my gesê: Hierdie waters vloei weg na die oostelike landstreek en loop in die Vlakte af en gaan na die see; in die see word dit uitgelei, sodat die waters daarvan gesond kan word.									
									    
								 
- 
									
									9
									 
									 
									|Ezequiel 47:9|
									En al die lewende wesens wat wemel, oral waar die dubbele stroom kom, sal lewe; en daar sal 'n menigte visse wees, omdat hierdie waters daarheen gekom het; en dié waters sal gesond word, en alles sal lewe waar die stroom kom.									
									    
								 
- 
									
									10
									 
									 
									|Ezequiel 47:10|
									Ook sal vissers daaraan staan, van Éngedi af tot by en Eglaim: 'n droogmaakplek vir die nette sal dit wees; na hulle soorte sal daar visse in wees soos die visse van die Groot See, 'n menigte.									
									    
								 
 - 
									
 - 
				
Sugerencias
 

Haga clic para leer Juan 16-18