- 
			
				
Leer por capítulos:
- 
									
   Afrikaans (1953)									 - 
									
									 
- 
									
									11
									 
									 
									|Ezequiel 47:11|
									Die moerasse en kuile daarvan--húlle sal nie gesond word nie: vir sout is hulle bestem.									
									    
								 
- 
									
									12
									 
									 
									|Ezequiel 47:12|
									En by die stroom sal aan altwee kante allerhande bome groei om van te eet, waarvan die blare nie sal verdor en die vrugte nie sal opraak nie; elke maand sal hulle nuwe vrugte dra; want die waters waar hulle aan staan--uit die heiligdom stroom hulle; en hulle vrugte sal wees om te eet en hulle blare om te genees.									
									    
								 
- 
									
									13
									 
									 
									|Ezequiel 47:13|
									So sê die Here HERE: Dit moet die grondgebied wees waarin julle die land as erfdeel sal verwerf volgens die twaalf stamme van Israel--vir Josef twee dele.									
									    
								 
- 
									
									14
									 
									 
									|Ezequiel 47:14|
									En julle moet dit erwe, die een soos die ander, omdat Ek my hand opgehef het om dit aan julle vaders te gee; en hierdie land moet julle as erfenis toeval.									
									    
								 
- 
									
									15
									 
									 
									|Ezequiel 47:15|
									En dit moet die grens van die land wees: aan die noordekant van die Groot See af, langs die weg van Hetlon, tot by die ingang na Sedad toe:									
									    
								 
- 
									
									16
									 
									 
									|Ezequiel 47:16|
									Hamat, Berota, Sibraim, wat tussen die gebied van Damaskus en die gebied van Hamat lê, die middelste Haser, wat op die grens van Hauran is.									
									    
								 
- 
									
									17
									 
									 
									|Ezequiel 47:17|
									So moet dan die grens van die See af wees tot by Hasar-Enon, die gebied van Damaskus, en wat die noorde betref noordwaarts, is Hamat die grens; dit is die noordekant.									
									    
								 
- 
									
									18
									 
									 
									|Ezequiel 47:18|
									En aan die oostekant: tussen Hauran en Damaskus en Gílead en die land van Israel uit--die Jordaan; van dié grens af tot by die Oostelike See moet julle dit meet; dit is die oostekant.									
									    
								 
- 
									
									19
									 
									 
									|Ezequiel 47:19|
									En aan die suidekant na die suide toe van Tamar af tot by die twiswaters van Kades, dan na die spruit van Egipte tot by die Groot See; dit is die suidekant na die suide toe.									
									    
								 
- 
									
									20
									 
									 
									|Ezequiel 47:20|
									En aan die westekant die Groot See, van die grens af tot reg teenoor die plek waar die ingang na Hamat is; dit is die westekant.									
									    
								 
 - 
									
 - 
				
Sugerencias
 

Haga clic para leer Juan 14-15