-
Leer por capítulos:
-
Afrikaans (1953)
-
-
25
|Isaías 10:25|
Want nog 'n baie kort rukkie, dan is die grimmigheid ten einde, en my toorn gaan uit om húlle te vernietig.
-
26
|Isaías 10:26|
En die HERE van die leërskare sal oor hom die gésel swaai soos Mídian verslaan is by die rots Oreb; en sy staf sal wees oor die see, en Hy sal dit ophef op die manier van Egipte.
-
27
|Isaías 10:27|
En in dié dag sal sy las afgly van jou skouer en sy juk van jou nek, en die juk sal tot niet raak vanweë die vettigheid.
-
28
|Isaías 10:28|
Hy oorval Ajat; hy trek deur Migron; in Migmas laat hy sy pakgoed agterbly.
-
29
|Isaías 10:29|
Hulle trek oor die nek. Laat Geba ons nagverblyf wees! Rama bewe, Gíbea van Saul vlug.
-
30
|Isaías 10:30|
Skreeu dit uit, dogter van Gallim! Luister, Lais! Arme Anatot!
-
31
|Isaías 10:31|
Madména vlug, die inwoners van Gebim soek skuiling!
-
32
|Isaías 10:32|
Nog vandag staan hy in Nob, hy swaai sy hand teen die berg van die dogter van Sion, teen die heuwel van Jerusalem!
-
33
|Isaías 10:33|
Maar kyk, die Here HERE van die leërskare slaan met skrikwekkende geweld die takke af, en die hoog uitgegroeides word omgekap en die verhewenes neergegooi;
-
34
|Isaías 10:34|
en Hy sal die digte takke van die bos met die yster omkap, en die Líbanon sal val deur die Heerlike.
-
-
Sugerencias
Haga clic para leer 1 Corintios 5-7