-
Leer por capítulos:
-
Afrikaans (1953)
-
-
15
|Isaías 40:15|
Kyk, die nasies is soos 'n druppel aan die emmer, en soos 'n stoffie aan die weegskaal word hulle gereken. Kyk, Hy hef die eilande op soos 'n stoffie!
-
16
|Isaías 40:16|
En die Líbanon is nie genoeg as brandhout en sy wild nie genoeg as brandoffer nie.
-
17
|Isaías 40:17|
Al die nasies is voor Hom soos niks: as niks en nietigheid word hulle by Hom gereken.
-
18
|Isaías 40:18|
By wie wil julle God dan vergelyk? Of watter gelykenis naas Hom stel?
-
19
|Isaías 40:19|
Die ambagsman giet 'n beeld, en die goudsmid trek dit oor met goud en smelt silwerkettings.
-
20
|Isaías 40:20|
Wie te arm is vir so 'n offergawe, kies 'n stuk hout wat nie vergaan nie; hy soek vir hom 'n kunsvaardige ambagsman om 'n beeld op te rig wat nie wankel nie.
-
21
|Isaías 40:21|
Weet julle nie? Hoor julle nie? Is dit julle nie van die begin af bekend gemaak nie? Het julle nie op die fondamente van die aarde gelet nie?
-
22
|Isaías 40:22|
Hy sit bo die kring van die aarde, en die bewoners daarvan is soos sprinkane; Hy span die hemele uit soos 'n dun doek en sprei dit uit soos 'n tent om in te woon.
-
23
|Isaías 40:23|
Hy maak die vorste tot niet, die heersers van die aarde verander Hy in nietigheid;
-
24
|Isaías 40:24|
skaars is hulle geplant, skaars is hulle gesaai, skaars wortel hulle stam in die grond, of Hy blaas op hulle, sodat hulle verdor, en die storm voer hulle weg soos 'n stoppel.
-
-
Sugerencias
Haga clic para leer 1 Corintios 14-16