-
Leer por capítulos:
-
Afrikaans (1953)
-
-
4
|Isaías 41:4|
Wie het dit gedoen en tot stand gebring? Hy wat die geslagte roep van die begin af; Ek, die HERE, die Eerste, en by die laaste is Ek dieselfde.
-
5
|Isaías 41:5|
Die eilande het dit gesien en gevrees, die eindes van die aarde het gebewe; hulle het nader gekom en toegestroom.
-
6
|Isaías 41:6|
Die een het die ander gehelp en aan sy metgesel gesê: Wees sterk!
-
7
|Isaías 41:7|
En die ambagsman het die goudsmid versterk, hy wat met die hamer plat slaan, hom wat op die aambeeld slaan, terwyl hy van die soldeersel sê: Dit is goed! Daarna slaan hy dit vas met spykers, dat dit nie wankel nie.
-
8
|Isaías 41:8|
Maar jy, Israel, my kneg, Jakob, wat Ek uitverkies het, nageslag van Abraham, my vriend,
-
9
|Isaías 41:9|
jy, wat Ek gegryp het van die eindes van die aarde en van sy uithoeke geroep het, en Ek het aan jou gesê: Jy is my kneg; jou het Ek uitverkies en jou nie verwerp nie.
-
10
|Isaías 41:10|
Wees nie bevrees nie, want Ek is met jou; kyk nie angstig rond nie, want Ek is jou God. Ek versterk jou, ook help Ek jou, ook ondersteun Ek jou met my reddende regterhand.
-
11
|Isaías 41:11|
Kyk, hulle almal sal beskaamd staan en in die skande kom wat op jou toornig is; hulle sal word soos niks, en jou teëparty sal omkom.
-
12
|Isaías 41:12|
Jy sal hulle soek, maar hulle nie vind nie--die manne wat met jou twis; hulle sal word soos niks en soos 'n nietige ding--die manne wat teen jou oorlog voer.
-
13
|Isaías 41:13|
Want Ek, die HERE jou God, gryp jou regterhand aan, Ek wat vir jou sê: Wees nie bevrees nie, Ek help jou.
-
-
Sugerencias
Haga clic para leer 1 Corintios 14-16