-
-
Afrikaans (1953)
-
-
70
|Lucas 22:70|
En hulle sê almal: Is U dan die Seun van God? En Hy antwoord hulle: U sê dat Ek dit is.
-
71
|Lucas 22:71|
Daarop sê hulle: Wat het ons nog getuienis nodig! Want ons het dit self uit sy mond gehoor.
-
1
|Lucas 23:1|
En die hele menigte van hulle het opgestaan en Hom na Pilatus gelei.
-
2
|Lucas 23:2|
En hulle het Hom begin beskuldig en sê: Ons het gevind dat hierdie man die volk verlei en verbied om aan die keiser belasting te betaal, terwyl Hy sê dat Hy self Christus, die Koning, is.
-
3
|Lucas 23:3|
Toe vra Pilatus Hom en sê: Is U die Koning van die Jode? En Hy antwoord hom en sê: U sê dit.
-
4
|Lucas 23:4|
En Pilatus sê vir die owerpriesters en die skare: Ek vind geen skuld in hierdie man nie.
-
5
|Lucas 23:5|
Maar hulle het aangehou en gesê: Hy maak die volk oproerig met sy leer die hele Judéa deur, vandat Hy in Galiléa begin het tot hiertoe.
-
6
|Lucas 23:6|
En toe Pilatus van Galiléa hoor, vra hy of die man 'n Galiléër is.
-
7
|Lucas 23:7|
En nadat hy verneem het dat Hy uit die magsgebied van Herodes was, stuur hy Hom na Herodes wat self ook in daardie dae in Jerusalem was.
-
8
|Lucas 23:8|
En toe Herodes Jesus sien, was hy baie bly, want hy was al geruime tyd begerig om Hom te sien, omdat hy veel van Hom gehoor het; en hy het gehoop om een of ander teken te sien wat deur Hom gedoen sou word.
-
-
Sugerencias
Haga clic para leer 1 Corintios 5-7