-
-
Afrikaans (1953)
-
-
9
|Lucas 23:9|
En hy het Hom met baie woorde uitgevra, maar Hy het hom niks geantwoord nie.
-
10
|Lucas 23:10|
En die owerpriesters en die skrifgeleerdes het Hom heftig staan en beskuldig.
-
11
|Lucas 23:11|
En nadat Herodes saam met sy soldate Hom met veragting behandel en bespot het, werp hy Hom 'n blink kleed om en stuur Hom terug na Pilatus.
-
12
|Lucas 23:12|
En Pilatus en Herodes het op daardie dag goeie vriende geword, want hulle was vantevore in vyandskap teenoor mekaar.
-
13
|Lucas 23:13|
Toe roep Pilatus die owerpriesters en die owerstes en die volk bymekaar en sê vir hulle:
-
14
|Lucas 23:14|
Julle het hierdie man na my gebring as een wat die volk afvallig maak. En nou het ek in julle teenwoordigheid ondersoek ingestel en in hierdie man geen skuld gevind aan die dinge waarvan julle Hom beskuldig nie;
-
15
|Lucas 23:15|
ja, ook Herodes nie, want ek het julle na hom gestuur; en daar is deur Hom niks gedoen wat die dood verdien nie.
-
16
|Lucas 23:16|
Nadat ek Hom dan gekasty het, sal ek Hom loslaat.
-
17
|Lucas 23:17|
En hy was verplig om vir hulle op die fees een los te laat.
-
18
|Lucas 23:18|
Maar die hele menigte skreeu en sê: Weg met Hom, en laat vir ons Barábbas los!
-
-
Sugerencias
Haga clic para leer 1 Corintios 5-7