-
-
Afrikaans (1953) -
-
21
|Hebreus 10:21|
en ons 'n groot Priester oor die huis van God het,
-
22
|Hebreus 10:22|
laat ons toetree met 'n waaragtige hart in volle geloofsversekerdheid, die harte deur besprenkeling gereinig van 'n slegte gewete en die liggaam gewas met rein water.
-
23
|Hebreus 10:23|
Laat ons die belydenis van die hoop onwankelbaar vashou, want Hy wat dit beloof het, is getrou;
-
24
|Hebreus 10:24|
en laat ons op mekaar ag gee om tot liefde en goeie werke aan te spoor;
-
25
|Hebreus 10:25|
en laat ons ons onderlinge byeenkoms nie versuim soos sommige die gewoonte het nie, maar laat ons mekaar vermaan, en dit des te meer namate julle die dag sien nader kom.
-
26
|Hebreus 10:26|
Want as ons opsetlik sondig, nadat ons die kennis van die waarheid ontvang het, bly daar geen offer vir die sondes meer oor nie,
-
27
|Hebreus 10:27|
maar 'n verskriklike verwagting van oordeel en 'n vuurgloed wat die teëstanders sal verteer.
-
28
|Hebreus 10:28|
As iemand die wet van Moses verwerp het, sterf hy sonder ontferming op die getuienis van twee of drie;
-
29
|Hebreus 10:29|
hoeveel swaarder straf, dink julle, sal hy verdien wat die Seun van God vertrap het en die bloed van die testament waardeur hy geheilig is, onrein geag en die Gees van genade gesmaad het?
-
30
|Hebreus 10:30|
Want ons ken Hom wat gesê het: My kom die wraak toe, Ek sal vergelde, spreek die Here; en weer: Die Here sal sy volk oordeel.
-
-
Sugestões

Clique para ler Apocalipse 21-21