-
Leer por capítulos:
-
Afrikaans (1953)
-
-
1
|2 Crónicas 11:1|
En toe Rehábeam in Jerusalem kom, het hy die huis van Juda en Benjamin, honderd en tagtig duisend krygshaftige jongmanne, byeen laat kom om teen Israel oorlog te voer, om die koningskap vir Rehábeam terug te win.
-
2
|2 Crónicas 11:2|
Maar die woord van die HERE het tot Semája, die man van God, gekom en gesê:
-
3
|2 Crónicas 11:3|
Spreek met Rehábeam, die seun van Salomo, die koning van Juda, en met die hele Israel in Juda en in Benjamin, en sê:
-
4
|2 Crónicas 11:4|
So spreek die HERE: Julle mag nie optrek en teen julle broers oorlog voer nie; julle moet omdraai, elkeen na sy huis, want van My het hierdie saak gekom. Hulle het toe geluister na die woorde van die HERE en omgedraai sonder om teen Jeróbeam op te trek.
-
5
|2 Crónicas 11:5|
En Rehábeam het in Jerusalem gewoon en stede as vestings opgebou in Juda.
-
6
|2 Crónicas 11:6|
Hy het naamlik Betlehem opgebou, en Etam en Tekóa;
-
7
|2 Crónicas 11:7|
en Bet-Sur en Sogo en Adúllam;
-
8
|2 Crónicas 11:8|
en Gat en Marésa en Sif;
-
9
|2 Crónicas 11:9|
en Adoráim en Lagis en Aséka;
-
10
|2 Crónicas 11:10|
en Sorea en Ajalon en Hebron, versterkte stede in Juda en in Benjamin.
-
-
Sugerencias
Haga clic para leer 1 Corintios 14-16