-
Leer por capítulos:
-
Afrikaans (1953)
-
-
21
|2 Crónicas 11:21|
En Rehábeam het Máäga, die dogter van Absalom, liewer gehad as al sy vroue en sy byvroue; hy het naamlik agttien vroue geneem en sestig byvroue; en hy het die vader van agt en twintig seuns en sestig dogters geword.
-
22
|2 Crónicas 11:22|
En Rehábeam het Abía, die seun van Máäga, as hoof, as vors onder sy broers aangestel; want hy wou hom koning maak.
-
23
|2 Crónicas 11:23|
En hy het verstandig gehandel en van al sy seuns versprei in al die streke van Juda en Benjamin, in al die versterkte stede, en aan hulle voedsel in oorvloed gegee en 'n menigte vroue vir hulle gevra.
-
1
|2 Crónicas 12:1|
En toe Rehábeam die koningskap bevestig het en hy sterk was, het hy die wet van die HERE verlaat, en die hele Israel saam met hom.
-
2
|2 Crónicas 12:2|
Toe het Sisak, die koning van Egipte, in die vyfde jaar van koning Rehábeam, teen Jerusalem opgetrek--omdat hulle ontrou teenoor die HERE gehandel het--
-
3
|2 Crónicas 12:3|
met twaalf honderd strydwaens en sestig duisend perderuiters; en ontelbaar was die manskappe wat saam met hom uit Egipte gekom het: Líbiërs, Sukkiete en Kusiete.
-
4
|2 Crónicas 12:4|
En hy het die versterkte stede ingeneem wat aan Juda behoort het, en tot by Jerusalem gekom.
-
5
|2 Crónicas 12:5|
Daarop kom die profeet Semája na Rehábeam en die owerstes van Juda wat vanweë Sisak in Jerusalem bymekaargekom het, en sê vir hulle: So spreek die HERE: Júlle het My verlaat; daarom gee Ék julle ook oor in die hand van Sisak.
-
6
|2 Crónicas 12:6|
Hierop het die owerstes van Israel en die koning hulle verootmoedig en gesê: Die HERE is regverdig.
-
7
|2 Crónicas 12:7|
En toe die HERE sien dat hulle hul verootmoedig, kom die woord van die HERE tot Semája en sê: Hulle het hul verootmoedig: Ek sal hulle nie vernietig nie, maar hulle binnekort uitkoms skenk, en my grimmigheid sal nie deur middel van Sisak oor Jerusalem uitgestort word nie.
-
-
Sugerencias
Haga clic para leer 1 Corintios 14-16