- 
			
				
Leer por capítulos:
- 
									
   Afrikaans (1953)									 - 
									
									 
- 
									
									1
									 
									 
									|Génesis 1:1|
									In die begin het God die hemel en die aarde geskape.									
									    
								 
- 
									
									2
									 
									 
									|Génesis 1:2|
									En die aarde was woes en leeg, en duisternis was op die wêreldvloed, en die Gees van God het gesweef op die waters.									
									    
								 
- 
									
									3
									 
									 
									|Génesis 1:3|
									En God het gesê: Laat daar lig wees! En daar was lig.									
									    
								 
- 
									
									4
									 
									 
									|Génesis 1:4|
									Toe sien God dat die lig goed was. En God het skeiding gemaak tussen die lig en die duisternis;									
									    
								 
- 
									
									5
									 
									 
									|Génesis 1:5|
									en God het die lig dag genoem, en die duisternis het Hy nag genoem. En dit was aand en dit was môre, die eerste dag.									
									    
								 
- 
									
									6
									 
									 
									|Génesis 1:6|
									En God het gesê: Laat daar 'n uitspansel wees tussen die waters, en laat dit skeiding maak tussen waters en waters.									
									    
								 
- 
									
									7
									 
									 
									|Génesis 1:7|
									God het toe die uitspansel gemaak en die waters wat onder die uitspansel is, geskei van die waters wat bo die uitspansel is. En dit was so.									
									    
								 
- 
									
									8
									 
									 
									|Génesis 1:8|
									En God het die uitspansel hemel genoem. En dit was aand en dit was môre, die tweede dag.									
									    
								 
- 
									
									9
									 
									 
									|Génesis 1:9|
									En God het gesê: Laat die waters onder die hemel hulle op een plek versamel, sodat die droë grond sigbaar word. En dit was so.									
									    
								 
- 
									
									10
									 
									 
									|Génesis 1:10|
									En God het die droë grond aarde genoem, en die versameling van die waters het Hy see genoem. Toe sien God dat dit goed was.									
									    
								 
 - 
									
 - 
				
Sugerencias
 

Haga clic para leer Juan 16-18