-
Leer por capítulos:
-
Afrikaans (1953)
-
-
1
|Génesis 46:1|
En Israel het weggetrek met alles wat aan hom behoort het, en in Berséba gekom; en hy het offerandes gebring aan die God van sy vader Isak.
-
2
|Génesis 46:2|
En God het tot Israel gespreek in naggesigte en gesê: Jakob, Jakob! En hy antwoord: Hier is ek!
-
3
|Génesis 46:3|
Toe sê Hy: Ek is God, die God van jou vader. Moenie bevrees wees om na Egipte af te trek nie, want Ek sal jou daar 'n groot nasie maak.
-
4
|Génesis 46:4|
Ek sal saam met jou aftrek na Egipte, en Ek sal jou gewis ook weer laat optrek; en Josef sal jou oë toedruk.
-
5
|Génesis 46:5|
Daarna het Jakob weggetrek van Berséba af. En die seuns van Israel het hulle vader Jakob met hulle kinders en hulle vroue op die waens gelaai wat Farao gestuur het om hom te vervoer.
-
6
|Génesis 46:6|
En hulle het hul vee en besittings geneem wat hulle in die land Kanaän verwerf het, en in Egipte gekom, Jakob en sy hele geslag saam met hom:
-
7
|Génesis 46:7|
sy seuns en sy kleinseuns saam met hom; sy dogters en kleindogters en sy hele geslag het hy saam met hom in Egipte gebring.
-
8
|Génesis 46:8|
En dit is die name van die seuns van Israel wat in Egipte gekom het--Jakob en sy seuns. Die eersgeborene van Jakob was Ruben.
-
9
|Génesis 46:9|
En die seuns van Ruben: Henog en Pallu en Hesron en Karmi.
-
10
|Génesis 46:10|
En die seuns van Símeon: Jémuel en Jamin en Ohad en Jagin en Sohar en Saul, die seun van die Kanaänitiese vrou.
-
-
Sugerencias
Haga clic para leer Éxodo 5-8