-
Leer por capítulos:
-
Afrikaans (1953)
-
-
1
|Génesis 38:1|
In dié tyd het Juda afgetrek, van sy broers af weg, en uitgedraai na 'n man van Adúllam met die naam van Hira.
-
2
|Génesis 38:2|
En Juda het daar die dogter van 'n Kanaänitiese man gesien met die naam van Sua; en hy het met haar getrou en by haar ingegaan.
-
3
|Génesis 38:3|
En sy het bevrug geword en 'n seun gebaar, en sy het hom Er genoem.
-
4
|Génesis 38:4|
Daarna het sy weer bevrug geword en 'n seun gebaar en hom Onan genoem.
-
5
|Génesis 38:5|
En sy het nog weer 'n seun gebaar en hom Sela genoem; en hy was in Kesib toe sy hom gebaar het.
-
6
|Génesis 38:6|
En Juda het vir Er, sy eersgeborene, 'n vrou geneem, en haar naam was Tamar.
-
7
|Génesis 38:7|
Maar Er, die eersgeborene van Juda, het die HERE mishaag. Daarom het die HERE hom laat sterwe.
-
8
|Génesis 38:8|
Toe sê Juda vir Onan: Gaan in by die vrou van jou broer en sluit die swaershuwelik met haar en verwek vir jou broer 'n nageslag.
-
9
|Génesis 38:9|
Maar Onan het geweet dat die nageslag nie syne sou wees nie; daarom het hy, elke keer as hy by die vrou van sy broer ingaan, dit op die grond verderwe om vir sy broer geen nageslag te gee nie.
-
10
|Génesis 38:10|
En dit was verkeerd in die oë van die HERE wat hy gedoen het; daarom het Hy hom ook laat sterwe.
-
-
Sugerencias
Haga clic para leer 1 Pedro 1-5