-
Leer por capítulos:
-
Afrikaans (1953)
-
-
21
|Génesis 38:21|
Toe vra hy die mense van haar woonplek: Waar is daardie hoer wat in Enaim by die pad was? En hulle antwoord: Hier was geen hoer nie.
-
22
|Génesis 38:22|
Daarop gaan hy na Juda terug met die berig: Ek het haar nie gevind nie. En die mense van die plek het ook gesê: Hier was geen hoer nie.
-
23
|Génesis 38:23|
Toe sê Juda: Laat sy dit hou, dat ons nie 'n bespotting word nie. Kyk, ek het hierdie boklam gestuur, maar jy het haar nie gevind nie.
-
24
|Génesis 38:24|
Ná omtrent drie maande het hulle Juda laat weet en gesê: Tamar, jou skoondogter, het gehoereer, en sy is ook swanger deur hoerery! En Juda sê: Bring haar uit, dat sy verbrand kan word.
-
25
|Génesis 38:25|
Terwyl sy uitgebring word, laat sy haar skoonvader dit weet: By die man aan wie hierdie dinge behoort, is ek swanger. En sy het gesê: Kyk tog mooi aan wie hierdie seëlring en bandjies en staf behoort.
-
26
|Génesis 38:26|
En Juda het dit herken en gesê: Sy het reg teenoor my, want ek het haar mos nie aan my seun Sela gegee nie. En hy het haar verder nie meer beken nie.
-
27
|Génesis 38:27|
En toe sy sou baar, was daar 'n tweeling in haar skoot.
-
28
|Génesis 38:28|
En terwyl sy baar, het een die hand uitgesteek; en die vroedvrou het dit gegryp en 'n rooi draad om sy hand gebind en gesê: Hierdie een is eerste gebore.
-
29
|Génesis 38:29|
Maar toe hy sy hand teruggetrek het, word sy broer gebore! En sy sê: Hoe kragtig het jy deurgebreek! En hulle het hom Peres genoem.
-
30
|Génesis 38:30|
En daarna is sy broer gebore aan wie se hand die rooi draad was. En hulle het hom Serag genoem.
-
-
Sugerencias
Haga clic para leer 1 Pedro 1-5