- 
			
				
Leer por capítulos:
- 
									
   Afrikaans (1953)									 - 
									
									 
- 
									
									1
									 
									 
									|Génesis 4:1|
									En die mens het sy vrou Eva beken, en sy het swanger geword en Kain gebaar en gesê: Ek het 'n man verkry met die hulp van die HERE.									
									    
								 
- 
									
									2
									 
									 
									|Génesis 4:2|
									Daarna het sy ook sy broer Abel gebaar. En Abel het 'n skaapherder geword, en Kain 'n landbouer.									
									    
								 
- 
									
									3
									 
									 
									|Génesis 4:3|
									En ná verloop van tyd het Kain van die vrugte van die land aan die HERE 'n offer gebring.									
									    
								 
- 
									
									4
									 
									 
									|Génesis 4:4|
									En Abel het ook van die eersgeborenes van sy kleinvee gebring, naamlik van hulle vet. En die HERE het Abel en sy offer genadig aangesien,									
									    
								 
- 
									
									5
									 
									 
									|Génesis 4:5|
									maar Kain en sy offer nie aangesien nie. Toe word Kain baie kwaad, en hy het sy hoof laat hang.									
									    
								 
- 
									
									6
									 
									 
									|Génesis 4:6|
									En die HERE sê vir Kain: Waarom is jy kwaad, en waarom laat jy jou hoof hang?									
									    
								 
- 
									
									7
									 
									 
									|Génesis 4:7|
									Is daar nie verheffing as jy goed doen nie? En as jy nie goed doen nie--die sonde lê en loer voor die deur, en sy begeerte is na jou; maar jy moet daaroor heers.									
									    
								 
- 
									
									8
									 
									 
									|Génesis 4:8|
									En Kain het met sy broer Abel gepraat; en toe hulle in die veld was, het Kain teen sy broer Abel opgestaan en hom doodgeslaan.									
									    
								 
- 
									
									9
									 
									 
									|Génesis 4:9|
									Toe sê die HERE vir Kain: Waar is jou broer Abel? En hy antwoord: Ek weet nie. Is ek my broer se wagter?									
									    
								 
- 
									
									10
									 
									 
									|Génesis 4:10|
									En Hy sê: Wat het jy gedoen? Die stem van die bloed van jou broer roep na My van die aarde af.									
									    
								 
 - 
									
 - 
				
Sugerencias
 

Haga clic para leer Juan 14-15