- 
			
				
Leer por capítulos:
- 
									
   Afrikaans (1953)									 - 
									
									 
- 
									
									1
									 
									 
									|Génesis 11:1|
									En die hele aarde het dieselfde taal gehad en een en dieselfde woorde.									
									    
								 
- 
									
									2
									 
									 
									|Génesis 11:2|
									En toe hulle wegtrek na die ooste, vind hulle 'n laagte in die land Sínear; en daar het hulle gaan woon.									
									    
								 
- 
									
									3
									 
									 
									|Génesis 11:3|
									Daarop sê hulle vir mekaar: Kom laat ons stene vorm en dit goed brand. Hulle gebruik toe die bakstene vir bousteen en die lymgrond vir klei.									
									    
								 
- 
									
									4
									 
									 
									|Génesis 11:4|
									En hulle sê: Kom, laat ons vir ons 'n stad bou en 'n toring waarvan die spits tot aan die hemel reik; en laat ons vir ons 'n naam maak, sodat ons nie oor die hele aarde verstrooid raak nie.									
									    
								 
- 
									
									5
									 
									 
									|Génesis 11:5|
									Toe daal die HERE neer om die stad en die toring te besien waaraan die mensekinders gebou het.									
									    
								 
- 
									
									6
									 
									 
									|Génesis 11:6|
									En die HERE sê: Daar is hulle nou een volk en het almal een taal! En dit is net die begin van hulle onderneming: nou sal niks vir hulle meer onmoontlik wees van wat hulle van plan is om te doen nie.									
									    
								 
- 
									
									7
									 
									 
									|Génesis 11:7|
									Kom, laat Ons neerdaal en hulle taal daar verwar, sodat die een die taal van die ander nie kan verstaan nie.									
									    
								 
- 
									
									8
									 
									 
									|Génesis 11:8|
									So het die HERE hulle dan daarvandaan oor die hele aarde verstrooi; en hulle het opgehou om die stad te bou.									
									    
								 
- 
									
									9
									 
									 
									|Génesis 11:9|
									Daarom het hulle dit Babel genoem, want daar het die HERE die taal van die hele aarde verwar, en daarvandaan het die HERE hulle oor die hele aarde verstrooi.									
									    
								 
- 
									
									10
									 
									 
									|Génesis 11:10|
									Dit is die stamboom van Sem: Toe Sem honderd jaar oud was, het hy die vader van Arpagsad geword, twee jaar ná die vloed.									
									    
								 
 - 
									
 - 
				
Sugerencias
 

Haga clic para leer Juan 14-15