- 
			
				
Leer por capítulos:
- 
									
   Afrikaans (1953)									 - 
									
									 
- 
									
									61
									 
									 
									|Génesis 24:61|
									Toe het Rebekka en haar diensmeisies hulle klaargemaak en op die kamele weggery en die man gevolg. So het die dienaar dan Rebekka saamgeneem en weggetrek.									
									    
								 
- 
									
									62
									 
									 
									|Génesis 24:62|
									En Isak het uit die rigting van die put Lagai-Roï gekom; want hy het gaan woon in die Suidland.									
									    
								 
- 
									
									63
									 
									 
									|Génesis 24:63|
									En Isak het teen die aand uitgegaan om te peins in die veld. En toe hy sy oë opslaan, sien hy meteens kamele aankom.									
									    
								 
- 
									
									64
									 
									 
									|Génesis 24:64|
									Rebekka het ook haar oë opgeslaan en Isak gesien. Toe het sy van die kameel afgegly									
									    
								 
- 
									
									65
									 
									 
									|Génesis 24:65|
									en aan haar dienaar gesê: Watter man is dit wat ons tegemoetloop in die veld? En die dienaar antwoord: Dit is my heer. Toe neem sy die sluier en bedek haar.									
									    
								 
- 
									
									66
									 
									 
									|Génesis 24:66|
									Daarop het die dienaar aan Isak alles vertel wat hy gedoen het.									
									    
								 
- 
									
									67
									 
									 
									|Génesis 24:67|
									En Isak het haar in die tent van sy moeder Sara ingebring en Rebekka geneem, en sy het sy vrou geword; en hy het haar liefgehad. So is Isak dan getroos ná die dood van sy moeder.									
									    
								 
 - 
									
 - 
				
Sugerencias
 

Haga clic para leer Juan 14-15