- 
			
				
Leer por capítulos:
- 
									
   Afrikaans (1953)									 - 
									
									 
- 
									
									11
									 
									 
									|Génesis 35:11|
									Verder sê God vir hom: Ek is God, die Almagtige. Wees vrugbaar en vermeerder. 'n Nasie, ja, 'n menigte van nasies, sal van jou afstam, en konings sal uit jou lendene voortkom.									
									    
								 
- 
									
									12
									 
									 
									|Génesis 35:12|
									En die land wat Ek aan Abraham en Isak gegee het, sal Ek aan jou gee; en aan jou nageslag ná jou sal Ek die land gee.									
									    
								 
- 
									
									13
									 
									 
									|Génesis 35:13|
									Toe het God van hom af opgevaar op die plek waar Hy met hom gespreek het.									
									    
								 
- 
									
									14
									 
									 
									|Génesis 35:14|
									En Jakob het 'n gedenksteen opgerig op die plek waar Hy met hom gespreek het, 'n gedenksteen van klip, en daarop 'n drankoffer uitgegiet en olie daarop gegooi.									
									    
								 
- 
									
									15
									 
									 
									|Génesis 35:15|
									En Jakob het die plek waar God met hom gespreek het, Bet-el genoem.									
									    
								 
- 
									
									16
									 
									 
									|Génesis 35:16|
									Daarna het hulle van Bet-el af weggetrek. En toe daar nog 'n kort ent pad was om by Efrat te kom, moes Ragel baar; en sy het dit swaar gehad by die bevalling.									
									    
								 
- 
									
									17
									 
									 
									|Génesis 35:17|
									En terwyl sy dit swaar het by die bevalling, sê die vroedvrou vir haar: Wees nie bevrees nie, want dit is ook 'n seun vir u.									
									    
								 
- 
									
									18
									 
									 
									|Génesis 35:18|
									En toe haar siel uitgaan--want sy het gesterwe--noem sy hom Ben-Oni. Maar sy vader het hom Benjamin genoem.									
									    
								 
- 
									
									19
									 
									 
									|Génesis 35:19|
									So het Ragel dan gesterwe; en sy is begrawe op die pad na Efrat, dit is Betlehem.									
									    
								 
- 
									
									20
									 
									 
									|Génesis 35:20|
									En Jakob het 'n gedenksteen op haar graf opgerig; dit is die gedenkteken van die graf van Ragel tot vandag toe.									
									    
								 
 - 
									
 - 
				
Sugerencias
 

Haga clic para leer Juan 14-15