-
Leer por capítulos:
-
Afrikaans (1953)
-
-
21
|Génesis 37:21|
Toe Ruben dit hoor, het hy hom uit hulle hand gered deur te sê: Laat ons hom nie doodslaan nie.
-
22
|Génesis 37:22|
Ruben het ook vir hulle gesê: Moenie bloed vergiet nie; gooi hom in hierdie put wat in die woestyn is, maar moenie die hand aan hom slaan nie--sodat hy hom uit hulle hand kon red om hom na sy vader terug te bring.
-
23
|Génesis 37:23|
En toe Josef by sy broers kom, trek hulle Josef se rok uit, die rok met lang moue wat hy aangehad het,
-
24
|Génesis 37:24|
en hulle neem hom en gooi hom in die put. Maar die put was leeg; daar was geen water in nie.
-
25
|Génesis 37:25|
Daarna het hulle gaan sit om brood te eet; en toe hulle hul oë opslaan, sien hulle meteens 'n reisgeselskap Ismaeliete wat uit Gílead kom--hulle kamele gelaai met speserye en balsem en gom op pad om dit na Egipte af te bring.
-
26
|Génesis 37:26|
Toe sê Juda aan sy broers: Watter voordeel is dit dat ons ons broer doodmaak en sy bloed verberg?
-
27
|Génesis 37:27|
Kom, laat ons hom aan die Ismaeliete verkoop, maar laat ons hand nie teen hom wees nie, want hy is ons broer, ons vlees. En sy broers het na hom geluister.
-
28
|Génesis 37:28|
En toe die Midianitiese koopmans verbykom, het hulle Josef uit die put uit opgetrek en uitgehaal en Josef aan die Ismaeliete verkoop vir twintig sikkels silwer. En húlle het Josef na Egipte gebring.
-
29
|Génesis 37:29|
Toe Ruben by die put terugkom, was Josef nie in die put nie! Daarop skeur hy sy klere,
-
30
|Génesis 37:30|
en hy gaan na sy broers terug en sê: Die seun is nie daar nie! En ek, waar moet ek heen?
-
-
Sugerencias
Haga clic para leer Éxodo 5-8