- 
			
				
Leer por capítulos:
- 
									
   Afrikaans (1953)									 - 
									
									 
- 
									
									11
									 
									 
									|Génesis 39:11|
									kom hy eendag in die huis om sy werk te doen terwyl niemand van die huisgenote binne was nie.									
									    
								 
- 
									
									12
									 
									 
									|Génesis 39:12|
									Toe gryp sy hom aan sy kleed en sê: Kom hou gemeenskap met my. Maar hy het sy kleed in haar hand laat agterbly en gevlug en na buite geloop.									
									    
								 
- 
									
									13
									 
									 
									|Génesis 39:13|
									Toe sy dan sien dat hy sy kleed in haar hand laat bly en buitentoe gevlug het,									
									    
								 
- 
									
									14
									 
									 
									|Génesis 39:14|
									roep sy na haar huisgenote en sê aan hulle: Kyk, hy het vir ons 'n Hebreeuse man hier gebring om met ons gek te skeer; hy het na my gekom om met my gemeenskap te hê, en ek het hard geskreeu;									
									    
								 
- 
									
									15
									 
									 
									|Génesis 39:15|
									en toe hy hoor dat ek my stem verhef en skreeu, het hy sy kleed by my laat agterbly en gevlug en na buite geloop.									
									    
								 
- 
									
									16
									 
									 
									|Génesis 39:16|
									En sy het sy kleed by haar neergelê totdat sy heer tuisgekom het.									
									    
								 
- 
									
									17
									 
									 
									|Génesis 39:17|
									En sy het hom met dieselfde woorde aangespreek en gesê: Die Hebreeuse kneg wat jy vir ons hier gebring het, het na my gekom om met my gek te skeer;									
									    
								 
- 
									
									18
									 
									 
									|Génesis 39:18|
									en toe ek my stem verhef en skreeu, het hy sy kleed by my laat agterbly en na buite gevlug.									
									    
								 
- 
									
									19
									 
									 
									|Génesis 39:19|
									Toe sy heer die woorde hoor waarmee sy vrou hom aanspreek: So en so het jou kneg aan my gedoen--het hy baie kwaad geword;									
									    
								 
- 
									
									20
									 
									 
									|Génesis 39:20|
									en die heer van Josef het hom laat vang en hom in die gevangenis gesit op die plek waar die gevangenes van die koning opgesluit was; en hy was daar in die gevangenis.									
									    
								 
 - 
									
 - 
				
Sugerencias
 

Haga clic para leer Juan 14-15