- 
			
				
Leer por capítulos:
- 
									
   Afrikaans (1953)									 - 
									
									 
- 
									
									11
									 
									 
									|Génesis 41:11|
									En ons het in dieselfde nag 'n droom gehad, ek en hy; ons het gedroom, elkeen 'n droom met besondere betekenis.									
									    
								 
- 
									
									12
									 
									 
									|Génesis 41:12|
									En daar was by ons 'n Hebreeuse jongman, 'n kneg van die owerste van die lyfwag--aan hom het ons dit vertel, en hy het ons drome vir ons uitgelê; aan elkeen het hy die uitlegging volgens sy droom gegee.									
									    
								 
- 
									
									13
									 
									 
									|Génesis 41:13|
									En soos hy ons dit uitgelê het, so het dit gebeur--my het hy in my rang herstel, maar hom opgehang.									
									    
								 
- 
									
									14
									 
									 
									|Génesis 41:14|
									Toe laat Farao Josef roep, en hulle het hom gou uit die gevangenis uitgehaal, en hy het hom geskeer en ander klere aangetrek; en hy het by Farao gekom.									
									    
								 
- 
									
									15
									 
									 
									|Génesis 41:15|
									Toe sê Farao vir Josef: Ek het 'n droom gehad, en daar is niemand wat dit kan uitlê nie; maar ek het van jou hoor verklaar dat jy 'n droom net hoef te hoor om dit uit te lê.									
									    
								 
- 
									
									16
									 
									 
									|Génesis 41:16|
									En Josef het Farao geantwoord en gesê: Niks vir my nie! God sal Farao 'n gunstige antwoord gee.									
									    
								 
- 
									
									17
									 
									 
									|Génesis 41:17|
									Toe sê Farao vir Josef: Kyk, ek het in my droom gestaan op die wal van die Nyl,									
									    
								 
- 
									
									18
									 
									 
									|Génesis 41:18|
									en sewe koeie het uit die Nyl uit opgekom wat vet van vleis en mooi van uiterlik was, en hulle het gaan wei in die rietgras.									
									    
								 
- 
									
									19
									 
									 
									|Génesis 41:19|
									En kyk, ná hulle kom daar nog sewe koeie op, skraal en baie lelik van uiterlik en maer van vleis; ek het soos hulle so lelik in die ganse Egipteland nie gesien nie.									
									    
								 
- 
									
									20
									 
									 
									|Génesis 41:20|
									En die maer en lelike koeie het die sewe eerste vet koeie opgeëet:									
									    
								 
 - 
									
 - 
				
Sugerencias
 

Haga clic para leer Juan 14-15