- 
			
				
Leer por capítulos:
- 
									
   Afrikaans (1953)									 - 
									
									 
- 
									
									31
									 
									 
									|Génesis 42:31|
									Maar ons het aan hom gesê: Ons is eerlike mense, ons is geen spioene nie.									
									    
								 
- 
									
									32
									 
									 
									|Génesis 42:32|
									Ons is twaalf broers, seuns van ons vader; die een is daar nie meer nie, en die jongste is nou by ons vader in die land Kanaän.									
									    
								 
- 
									
									33
									 
									 
									|Génesis 42:33|
									Daarop het die man, die heer van die land, aan ons gesê: Hieraan sal ek weet dat julle eerlike mense is--laat een van julle broers by my bly; en neem vir die honger van julle huisgesinne en trek weg,									
									    
								 
- 
									
									34
									 
									 
									|Génesis 42:34|
									en bring julle jongste broer na my toe; dan sal ek weet dat julle geen spioene is nie. As julle eerlike mense is, sal ek julle broer aan julle teruggee, en julle mag in die land rondtrek.									
									    
								 
- 
									
									35
									 
									 
									|Génesis 42:35|
									En toe hulle hul sakke leegmaak, was elkeen se bondeltjie geld daar in sy sak! En toe hulle hul bondeltjies geld sien, hulle en hul vader, was hulle bevrees.									
									    
								 
- 
									
									36
									 
									 
									|Génesis 42:36|
									Daarop sê Jakob, hulle vader, vir hulle: Julle beroof my van kinders. Josef is weg! En Símeon is weg! En Benjamin wil julle wegneem! Alles is teen my!									
									    
								 
- 
									
									37
									 
									 
									|Génesis 42:37|
									Toe spreek Ruben sy vader aan en sê: U kan my twee seuns doodmaak as ek hom nie na u terugbring nie. Vertrou hom aan my toe, en ék sal hom na u terugbring.									
									    
								 
- 
									
									38
									 
									 
									|Génesis 42:38|
									Maar hy sê: My seun sal nie saam met julle aftrek nie, want sy broer is dood, en hy het alleen oorgebly; en as 'n ongeluk hom oorkom op die pad wat julle sal gaan, dan sal julle my grys hare met kommer in die doderyk laat afdaal.									
									    
								 
 - 
									
 - 
				
Sugerencias
 

Haga clic para leer Juan 14-15