- 
			
				
Leer por capítulos:
- 
									
   Afrikaans (1953)									 - 
									
									 
- 
									
									1
									 
									 
									|Génesis 43:1|
									En die hongersnood was swaar in die land.									
									    
								 
- 
									
									2
									 
									 
									|Génesis 43:2|
									En nadat die koring wat hulle uit Egipte gebring het, opgeëet was, sê hulle vader vir hulle: Gaan koop vir ons weer 'n bietjie voedsel.									
									    
								 
- 
									
									3
									 
									 
									|Génesis 43:3|
									Toe het Juda hom geantwoord: Die man het ons uitdruklik gewaarsku en gesê: Julle sal my aangesig nie sien as julle broer nie by julle is nie.									
									    
								 
- 
									
									4
									 
									 
									|Génesis 43:4|
									As u ons broer saam met ons stuur, sal ons aftrek en vir u voedsel koop;									
									    
								 
- 
									
									5
									 
									 
									|Génesis 43:5|
									maar as u hom nie stuur nie, sal ons nie aftrek nie; want die man het aan ons gesê: Julle sal my aangesig nie sien as julle broer nie by julle is nie.									
									    
								 
- 
									
									6
									 
									 
									|Génesis 43:6|
									Toe sê Israel: Waarom het julle so verkeerd teen my gehandel deur die man te vertel dat julle nog 'n broer het?									
									    
								 
- 
									
									7
									 
									 
									|Génesis 43:7|
									En hulle antwoord: Die man het uitdruklik na ons en ons familie gevra met die woorde: Lewe julle vader nog? Het julle nog 'n broer? Toe het ons hom dit te kenne gegee volgens hierdie woorde. Kon ons dan ooit weet dat hy sou sê: Bring julle broer af?									
									    
								 
- 
									
									8
									 
									 
									|Génesis 43:8|
									Daarop sê Juda aan sy vader Israel: Stuur die seun saam met my; dan sal ons klaarmaak en wegtrek, sodat ons kan lewe en nie sterwe nie--ons en ook u en ons kinders nie.									
									    
								 
- 
									
									9
									 
									 
									|Génesis 43:9|
									Ek sal vir hom borg wees; van my hand kan u hom eis. As ek hom nie na u bring en voor u stel nie, sal ek lewenslank teenoor u skuldig staan.									
									    
								 
- 
									
									10
									 
									 
									|Génesis 43:10|
									Ja, as ons nie getalm het nie, waarlik dan was ons nou al twee maal terug.									
									    
								 
 - 
									
 - 
				
Sugerencias
 

Haga clic para leer Juan 14-15