- 
			
				
Leer por capítulos:
- 
									
   Afrikaans (1953)									 - 
									
									 
- 
									
									21
									 
									 
									|Génesis 44:21|
									Toe het u aan u dienaars gesê: Bring hom af na my toe, dat ek my oog op hom kan rig.									
									    
								 
- 
									
									22
									 
									 
									|Génesis 44:22|
									En ons het my heer geantwoord: Die seun kan sy vader nie verlaat nie, want sy vader sal sterwe as hy hom verlaat.									
									    
								 
- 
									
									23
									 
									 
									|Génesis 44:23|
									Daarop het u aan u dienaars gesê: As julle jongste broer nie saam met julle afkom nie, sal julle my aangesig nie weer sien nie.									
									    
								 
- 
									
									24
									 
									 
									|Génesis 44:24|
									En toe ons na u dienaar, my vader, opgetrek het en hom die woorde van my heer te kenne gegee het,									
									    
								 
- 
									
									25
									 
									 
									|Génesis 44:25|
									het ons vader gesê: Gaan koop weer vir ons 'n bietjie voedsel.									
									    
								 
- 
									
									26
									 
									 
									|Génesis 44:26|
									Maar ons het gesê: Ons kan nie aftrek nie. As ons jongste broer by ons is, sal ons aftrek; want ons mag die aangesig van die man nie sien as ons jongste broer nie by ons is nie.									
									    
								 
- 
									
									27
									 
									 
									|Génesis 44:27|
									En u dienaar, my vader, het aan ons gesê: Júlle weet dat my vrou vir my twee gebaar het--									
									    
								 
- 
									
									28
									 
									 
									|Génesis 44:28|
									die een het van my af weggegaan, en ek het gesê: Voorwaar, hy is verskeur, verskeur! En ek het hom tot hiertoe nie gesien nie.									
									    
								 
- 
									
									29
									 
									 
									|Génesis 44:29|
									As julle nou hierdie een ook van my af wegneem en hom 'n ongeluk oorkom, dan sal julle my grys hare met droefenis in die doderyk laat afdaal.									
									    
								 
- 
									
									30
									 
									 
									|Génesis 44:30|
									As ek dan nou by u dienaar, my vader, kom en die seun nie by ons is nie--terwyl sy siel innig aan hom verkleef is--									
									    
								 
 - 
									
 - 
				
Sugerencias
 

Haga clic para leer Juan 14-15