-
Leer por capítulos:
-
Afrikaans (1953)
-
-
11
|Génesis 49:11|
Hy maak sy jong esel vas aan die wingerdstok en die vul van sy eselin aan die edelste wynstok; Hy was sy kleed in wyn en sy gewaad in druiwebloed.
-
12
|Génesis 49:12|
Hy is donkerder van oë as wyn en witter van tande as melk.
-
13
|Génesis 49:13|
Sébulon sal woon by die strand van die see; en hy sal by die strand van die skepe wees, met die sykant na Sidon toe.
-
14
|Génesis 49:14|
Issaskar is 'n sterkgebeende esel wat tussen die veekrale lê.
-
15
|Génesis 49:15|
Toe hy sien dat die rus goed en die land lieflik is, het hy sy skouer gebuig om te dra, en hy moes dwangarbeid verrig.
-
16
|Génesis 49:16|
Dan sal aan sy volk reg verskaf net soos enigeen van die stamme van Israel.
-
17
|Génesis 49:17|
Laat Dan 'n slang wees op die weg, 'n horingslang op die pad, wat die perd aan die hakskene byt, sodat sy ruiter agteroorval.
-
18
|Génesis 49:18|
Op u verlossing wag ek, HERE!
-
19
|Génesis 49:19|
Gad--'n bende sal hom aanval, maar hy sal hulle aan die hakskeen gryp.
-
20
|Génesis 49:20|
Aser, sy spys is vet, en hy lewer koninklike lekkernye.
-
-
Sugerencias
Haga clic para leer 1 Pedro 1-5