- 
			
				
Leer por capítulos:
- 
									
   Afrikaans (1953)									 - 
									
									 
- 
									
									1
									 
									 
									|Génesis 8:1|
									En God het gedink aan Noag en aan al die wilde diere en al die vee wat saam met hom in die ark was; en God het 'n wind oor die aarde laat waai, sodat die waters gesak het.									
									    
								 
- 
									
									2
									 
									 
									|Génesis 8:2|
									Ook die fonteine van die watervloed en die sluise van die hemel het toegegaan, en die stortreën uit die hemel het opgehou.									
									    
								 
- 
									
									3
									 
									 
									|Génesis 8:3|
									Toe het die waters geleidelik van die aarde teruggegaan, en die waters het afgeneem aan die end van honderd en vyftig dae.									
									    
								 
- 
									
									4
									 
									 
									|Génesis 8:4|
									En die ark het in die sewende maand, op die sewentiende dag van die maand, op die gebergte van Ararat gerus.									
									    
								 
- 
									
									5
									 
									 
									|Génesis 8:5|
									En die waters het geleidelik afgeneem tot die tiende maand. In die tiende maand, op die eerste van die maand, het die toppe van die berge sigbaar geword.									
									    
								 
- 
									
									6
									 
									 
									|Génesis 8:6|
									Toe het Noag aan die end van veertig dae die venster oopgemaak van die ark wat hy gebou het,									
									    
								 
- 
									
									7
									 
									 
									|Génesis 8:7|
									en 'n kraai uitgestuur wat gedurig heen en weer gevlieg het totdat die waters weggedroog het van die aarde af.									
									    
								 
- 
									
									8
									 
									 
									|Génesis 8:8|
									Daarop laat hy 'n duif van hom af wegvlieg om te sien of die waters oor die aarde verminder het.									
									    
								 
- 
									
									9
									 
									 
									|Génesis 8:9|
									Maar die duif het geen rusplek vir die holte van sy voet gevind nie en na hom teruggekeer in die ark; want die waters was oor die hele aarde. So het hy dan sy hand uitgesteek en hom gegryp en in die ark by hom gebring.									
									    
								 
- 
									
									10
									 
									 
									|Génesis 8:10|
									Daarna het hy weer sewe dae gewag. Toe stuur hy die duif weer uit die ark.									
									    
								 
 - 
									
 - 
				
Sugerencias
 

Haga clic para leer Juan 14-15