-
-
Afrikaans (1953) -
-
1
|Eclesiastes 12:1|
En dink aan jou Skepper in die dae van jou jonkheid voordat die ongelukkige dae kom en die jare aanbreek waarvan jy sal sê: Ek het daar geen behae in nie--
-
2
|Eclesiastes 12:2|
voordat die son en die lig en die maan en die sterre verduister word en die wolke terugkom ná die reën,
-
3
|Eclesiastes 12:3|
dié dag wanneer die wagters van die huis sal bewe en die sterk manne krom word en die malers die werk staak, omdat hulle te min geword het, en die wat deur die vensters kyk, verduister word,
-
4
|Eclesiastes 12:4|
en die deure na die straat gesluit word, terwyl die geruis van die meul verswak; en hy opstaan as die voëltjies begin sing en al die tone van die lied dof sal word.
-
5
|Eclesiastes 12:5|
Ook sal hy bang wees vir 'n hoogte, en verskriklike dinge sal op die pad wees! En die amandelboom sal in bloei staan, en die sprinkaan sal homself met moeite voortsleep, en die kapperkruid nutteloos wees; want die mens gaan na sy ewige huis, en die rouklaers sal op die straat rondgaan.
-
6
|Eclesiastes 12:6|
Voordat die silwerdraad verwyder word en die goue oliekruik stukkend val en die kruik by die fontein gebreek word en die wiel stukkend in die put val
-
7
|Eclesiastes 12:7|
en die stof na die aarde terugkeer soos dit gewees het, en die gees na God terugkeer wat dit gegee het.
-
8
|Eclesiastes 12:8|
Alles tevergeefs, sê die Prediker, dit is alles tevergeefs.
-
9
|Eclesiastes 12:9|
En behalwe dat die Prediker 'n wyse was, het hy die volk nog kennis geleer en het oorweeg en ondersoek; hy het baie spreuke opgestel.
-
10
|Eclesiastes 12:10|
Die Prediker het gesoek om welgevallige woorde te vind en wat reg geskrywe is--woorde van waarheid.
-
-
Sugestões

Clique para ler Apocalipse 21-21