- 
			
				
Leer por capítulos:
- 
									
   Afrikaans (1953)									 - 
									
									 
- 
									
									1
									 
									 
									|Ezequiel 23:1|
									Verder het die woord van die HERE tot my gekom en gesê:									
									    
								 
- 
									
									2
									 
									 
									|Ezequiel 23:2|
									Mensekind, daar was twee vroue, dogters van een moeder.									
									    
								 
- 
									
									3
									 
									 
									|Ezequiel 23:3|
									En hulle het in Egipte gehoereer; in hul jeug het hulle gehoereer; daar is hul borste betas, en daar is hul maagdelike boesem gedruk.									
									    
								 
- 
									
									4
									 
									 
									|Ezequiel 23:4|
									En hulle name was: Ohóla, die grootste, en Ohóliba, haar suster; en hulle het myne geword en seuns en dogters gebaar. En wat hulle name betref: Samaría is Ohóla en Jerusalem Ohóliba.									
									    
								 
- 
									
									5
									 
									 
									|Ezequiel 23:5|
									En Ohóla het gehoereer terwyl sy my vrou was, en het gesmag na haar minnaars, na die Assiriërs, krygshaftige mense									
									    
								 
- 
									
									6
									 
									 
									|Ezequiel 23:6|
									wat pers aangetrek was, goewerneurs en owerstes, almal begeerlike jongmanne, ruiters te perd.									
									    
								 
- 
									
									7
									 
									 
									|Ezequiel 23:7|
									En sy het haar hoererye aan hulle weggegee, hulle almal, die beste uit die kinders van Assur; en met almal na wie sy gesmag het--met al hulle drekgode het sy haar verontreinig.									
									    
								 
- 
									
									8
									 
									 
									|Ezequiel 23:8|
									So het sy dan haar hoererye, uit Egipte afkomstig, nie laat staan nie; want hulle het in haar jeug met haar gemeenskap gehad en hulle het haar maagdelike boesem gedruk en hul hoerery oor haar uitgestort.									
									    
								 
- 
									
									9
									 
									 
									|Ezequiel 23:9|
									Daarom het Ek haar oorgegee in die hand van haar minnaars, in die hand van die kinders van Assur na wie sy gesmag het.									
									    
								 
- 
									
									10
									 
									 
									|Ezequiel 23:10|
									Hulle het haar skaamte ontbloot, haar seuns en haar dogters weggeneem; maar haar het hulle met die swaard gedood, sodat sy 'n waarskuwende voorbeeld onder die vroue geword het, en hulle het strafgerigte aan haar voltrek.									
									    
								 
 - 
									
 - 
				
Sugerencias
 

Haga clic para leer Juan 16-18