-
Leer por capítulos:
-
Afrikaans (1953)
-
-
11
|Ezequiel 23:11|
Alhoewel haar suster Ohóliba dit gesien het, het sy dit tog met haar verliefdheid erger gemaak as sy, en met haar hoererye nog erger as haar suster.
-
12
|Ezequiel 23:12|
Sy het gesmag na die seuns van Assur, goewerneurs en owerstes, krygshaftige mense, pragtig aangetrek, ruiters te perd, almal begeerlike jongmanne.
-
13
|Ezequiel 23:13|
Toe het Ek gesien dat sy verontreinig was: altwee het dieselfde weg bewandel.
-
14
|Ezequiel 23:14|
Ja, sy het nog meer gehoereer; toe sy manne sien wat op die muur afgeteken was, afbeeldinge van die Chaldeërs, geteken met rooiminie;
-
15
|Ezequiel 23:15|
omgord met 'n gordel aan hulle heupe, met oorhangende tulbande op hulle hoofde, in hulle voorkoms almal offisiere, in die gestalte van die seuns van Babel wie se geboorteland Chaldéa is--
-
16
|Ezequiel 23:16|
net toe sy hulle sien, het sy na hulle gesmag en boodskappers na hulle gestuur, na Chaldéa toe.
-
17
|Ezequiel 23:17|
Daarop kom die kinders van Babel by haar, na die bed van liefde, en verontreinig haar met hulle hoerery, en sy het onrein geword deur hulle; daarna het haar siel van hulle vervreemd geraak.
-
18
|Ezequiel 23:18|
En toe sy haar hoererye geopenbaar en haar skaamte ontbloot het, het my siel van haar vervreemd geraak, soos my siel vervreemd geraak het van haar suster.
-
19
|Ezequiel 23:19|
Ja, sy het haar hoererye baie gemaak deur te dink aan die dae van haar jeug toe sy 'n hoer was in Egipteland.
-
20
|Ezequiel 23:20|
En sy het gesmag na hulle wellustelinge, wat sinlik soos esels en onstuimig van drif was soos perde.
-
-
Sugerencias
Haga clic para leer 1 Pedro 1-5