- 
			
				
Leer por capítulos:
- 
									
   Afrikaans (1953)									 - 
									
									 
- 
									
									31
									 
									 
									|Ezequiel 23:31|
									In die weg van jou suster het jy gewandel; daarom sal Ek haar beker in jou hand gee.									
									    
								 
- 
									
									32
									 
									 
									|Ezequiel 23:32|
									So sê die Here HERE: Jy sal die beker van jou suster drink wat diep en wyd is--jy sal tot 'n belagging en 'n spot word--die beker wat so baie bevat.									
									    
								 
- 
									
									33
									 
									 
									|Ezequiel 23:33|
									Van dronkenskap en kommer sal jy vol word; die beker van jou suster Samaría is 'n beker van huiwering en ontsetting.									
									    
								 
- 
									
									34
									 
									 
									|Ezequiel 23:34|
									En jy sal dit drink en uitsuig en aan sy skerwe knaag en jou borste oopskeur; want Ek het dit gespreek, spreek die Here HERE.									
									    
								 
- 
									
									35
									 
									 
									|Ezequiel 23:35|
									Daarom, so sê die Here HERE: Omdat jy My vergeet het en My agter jou rug gewerp het, so dra jy dan ook nou jou skandelike dade en jou hoererye.									
									    
								 
- 
									
									36
									 
									 
									|Ezequiel 23:36|
									En die HERE het vir my gesê: Mensekind, wil jy Ohóla en Ohóliba oordeel? Maak hulle dan hul gruwels bekend.									
									    
								 
- 
									
									37
									 
									 
									|Ezequiel 23:37|
									Want hulle het owerspel begaan, en daar is bloed aan hulle hande: met hul drekgode het hulle owerspel begaan en ook hul seuns wat hulle vir My gebaar het, as spys vir hulle deur die vuur laat deurgaan.									
									    
								 
- 
									
									38
									 
									 
									|Ezequiel 23:38|
									Verder het hulle My dít aangedoen: hulle het my heiligdom op dieselfde dag verontreinig en my sabbatte ontheilig--									
									    
								 
- 
									
									39
									 
									 
									|Ezequiel 23:39|
									as hulle hul kinders vir hulle drekgode slag, kom hulle op dieselfde dag na my heiligdom om dit te ontheilig; en kyk, so het hulle gedoen binne-in my huis.									
									    
								 
- 
									
									40
									 
									 
									|Ezequiel 23:40|
									Ja, hulle het selfs na manne gestuur wat van ver gekom het--aan wie 'n boodskapper gestuur is, en kyk, hulle het gekom! --vir wie jy jou gewas, jou oë geverf en sierade aangesit het.									
									    
								 
 - 
									
 - 
				
Sugerencias
 

Haga clic para leer Juan 14-15