- 
			
				
Leer por capítulos:
- 
									
   Afrikaans (1953)									 - 
									
									 
- 
									
									41
									 
									 
									|Ezequiel 23:41|
									En jy het gesit op 'n pragtige bed waarvoor 'n tafel reggemaak is en waar jy my reukwerk en my olie op neergesit het;									
									    
								 
- 
									
									42
									 
									 
									|Ezequiel 23:42|
									en daarbinne was die stem van 'n sorgelose menigte. En by manne uit die menigte van mense is daar wynsuipers aangebring uit die woestyn; dié het armbande aan hulle hande gesit en 'n pragtige kroon op hulle hoofde.									
									    
								 
- 
									
									43
									 
									 
									|Ezequiel 23:43|
									Toe sê Ek: Bedryf die verwelkte nog owerspel? Nou sal haar hoererye self hoerery gaan bedrywe.									
									    
								 
- 
									
									44
									 
									 
									|Ezequiel 23:44|
									En hulle het by haar ingegaan soos 'n mens ingaan by 'n hoer; só het hulle ingegaan by Ohóla en Ohóliba, die ontugtige vroue.									
									    
								 
- 
									
									45
									 
									 
									|Ezequiel 23:45|
									En regverdige manne, dié sal hulle vonnis volgens die reg van owerspeelsters en volgens die reg van vroue wat bloed vergiet; want hulle is owerspeelsters, en bloed is aan hulle hande.									
									    
								 
- 
									
									46
									 
									 
									|Ezequiel 23:46|
									Want so sê die Here HERE: Laat hulle teen hulle 'n vergadering oproep en hulle tot 'n skrikbeeld maak en 'n plundering.									
									    
								 
- 
									
									47
									 
									 
									|Ezequiel 23:47|
									En die vergadering moet hulle stenig en hulle met hul swaarde stukkend kap; hulle seuns en dogters moet hulle doodmaak en hulle huise met vuur verbrand.									
									    
								 
- 
									
									48
									 
									 
									|Ezequiel 23:48|
									So sal Ek dan die skandelike dade uit die land laat ophou, dat al die vroue hulle kan laat waarsku om geen skandelikheid te begaan soos julle nie.									
									    
								 
- 
									
									49
									 
									 
									|Ezequiel 23:49|
									En hulle sal julle skandelike dade op julle laat neerkom, en julle sal die sondes van julle drekgode dra; en julle sal weet dat Ek die Here HERE is.									
									    
								 
 - 
									
 - 
				
Sugerencias
 

Haga clic para leer Juan 14-15