- 
			
				
Leer por capítulos:
- 
									
   Afrikaans (1953)									 - 
									
									 
- 
									
									1
									 
									 
									|Génesis 25:1|
									En Abraham het weer 'n vrou geneem met die naam van Ketúra.									
									    
								 
- 
									
									2
									 
									 
									|Génesis 25:2|
									En sy het vir hom Simran en Joksan en Medan en Mídian en Jisbak en Suag gebaar.									
									    
								 
- 
									
									3
									 
									 
									|Génesis 25:3|
									En Joksan was die vader van Skeba en Dedan; en die kinders van Dedan was die Assuriete, Letusiete en Leümmiete.									
									    
								 
- 
									
									4
									 
									 
									|Génesis 25:4|
									En die seuns van Mídian was: Efa en Efer en Henog en Abída en Eldaä. Hulle almal was seuns van Ketúra.									
									    
								 
- 
									
									5
									 
									 
									|Génesis 25:5|
									En Abraham het aan Isak alles gegee wat hy besit het,									
									    
								 
- 
									
									6
									 
									 
									|Génesis 25:6|
									maar aan die seuns van die byvroue van Abraham het Abraham geskenke gegee en hulle, nog by sy lewe, van sy seun Isak af oos laat wegtrek, na die Oosland.									
									    
								 
- 
									
									7
									 
									 
									|Génesis 25:7|
									En dit is die dae van die lewensjare van Abraham wat hy geleef het: honderd vyf en sewentig jaar.									
									    
								 
- 
									
									8
									 
									 
									|Génesis 25:8|
									Abraham het die asem uitgeblaas en in goeie ouderdom gesterwe, oud en afgeleef. En hy is by sy volksgenote versamel.									
									    
								 
- 
									
									9
									 
									 
									|Génesis 25:9|
									En sy seuns Isak en Ismael het hom begrawe in die spelonk van Magpéla, in die stuk grond van Efron, die seun van Sohar, die Hetiet, wat oos van Mamre lê,									
									    
								 
- 
									
									10
									 
									 
									|Génesis 25:10|
									die stuk grond wat Abraham van die seuns van Het gekoop het. Daar is Abraham begrawe en sy vrou Sara.									
									    
								 
 - 
									
 - 
				
Sugerencias
 

Haga clic para leer Juan 14-15