- 
			
				
Leer por capítulos:
- 
									
   Afrikaans (1953)									 - 
									
									 
- 
									
									11
									 
									 
									|Génesis 25:11|
									Ná die dood van Abraham het God sy seun Isak geseën; en Isak het gewoon by die put Lagai-Roï.									
									    
								 
- 
									
									12
									 
									 
									|Génesis 25:12|
									En dit is die stamboom van Ismael, die seun van Abraham, wat Hagar, die Egiptiese, die slavin van Sara, vir Abraham gebaar het--									
									    
								 
- 
									
									13
									 
									 
									|Génesis 25:13|
									dit is die name van die seuns van Ismael, hulle name volgens hulle afstamming: die eersgeborene van Ismael, Nébajot; dan Kedar en Adbeël en Mibsam									
									    
								 
- 
									
									14
									 
									 
									|Génesis 25:14|
									en Misma en Duma en Massa,									
									    
								 
- 
									
									15
									 
									 
									|Génesis 25:15|
									Hadad en Tema, Jetur, Nafis en Kedma.									
									    
								 
- 
									
									16
									 
									 
									|Génesis 25:16|
									Dit is die seuns van Ismael, en dit hulle name, in hulle dorpe en laers, twaalf vorste volgens hulle volkstamme.									
									    
								 
- 
									
									17
									 
									 
									|Génesis 25:17|
									En dit is die lewensjare van Ismael: honderd sewe en dertig jaar; en hy het die asem uitgeblaas en gesterwe, en hy is versamel by sy volksgenote.									
									    
								 
- 
									
									18
									 
									 
									|Génesis 25:18|
									En hulle het gewoon van Háwila tot by Sur wat oos van Egipte lê in die rigting van Assur. Teenoor al sy broers het hy hom gevestig.									
									    
								 
- 
									
									19
									 
									 
									|Génesis 25:19|
									En dit is die geskiedenis van Isak, die seun van Abraham: Abraham was die vader van Isak.									
									    
								 
- 
									
									20
									 
									 
									|Génesis 25:20|
									En Isak was veertig jaar oud toe hy Rebekka, die dogter van Bétuel, die Arameër uit Paddan-Aram, die suster van Laban, die Arameër, vir hom as vrou geneem het.									
									    
								 
 - 
									
 - 
				
Sugerencias
 

Haga clic para leer Juan 14-15