- 
			
				
Leer por capítulos:
- 
									
   Afrikaans (1953)									 - 
									
									 
- 
									
									1
									 
									 
									|Génesis 27:1|
									Toe Isak oud geword het en sy oë swak was, sodat hy nie kon sien nie, het hy sy oudste seun Esau geroep en vir hom gesê: My seun! En hy het hom geantwoord: Hier is ek!									
									    
								 
- 
									
									2
									 
									 
									|Génesis 27:2|
									Toe sê hy: Kyk tog, ek het oud geword, ek weet die dag van my dood nie.									
									    
								 
- 
									
									3
									 
									 
									|Génesis 27:3|
									Neem dan nou tog jou wapens, jou pylkoker en jou boog, en gaan uit in die veld en jag vir my 'n stuk wild									
									    
								 
- 
									
									4
									 
									 
									|Génesis 27:4|
									en maak vir my lekker ete klaar soos ek dit graag wil hê; en bring dit vir my om te eet; sodat my siel jou kan seën voordat ek sterwe.									
									    
								 
- 
									
									5
									 
									 
									|Génesis 27:5|
									En Rebekka het geluister terwyl Isak met sy seun Esau spreek. En Esau het in die veld gegaan om 'n stuk wild te jag en dit te bring.									
									    
								 
- 
									
									6
									 
									 
									|Génesis 27:6|
									Toe het Rebekka met haar seun Jakob gespreek: Kyk, ek het jou vader met jou broer Esau hoor spreek en sê:									
									    
								 
- 
									
									7
									 
									 
									|Génesis 27:7|
									Bring vir my 'n stuk wild en maak vir my lekker ete, dat ek kan eet en jou kan seën voor die aangesig van die HERE voor my dood.									
									    
								 
- 
									
									8
									 
									 
									|Génesis 27:8|
									My seun, luister dan nou na my, na wat ek jou beveel.									
									    
								 
- 
									
									9
									 
									 
									|Génesis 27:9|
									Loop nou na die kleinvee en gaan haal vir my daar twee mooi bokkies, dat ek jou vader daarvan 'n lekker ete kan maak soos hy dit graag wil hê.									
									    
								 
- 
									
									10
									 
									 
									|Génesis 27:10|
									Dan moet jy dit na jou vader bring, dat hy kan eet; sodat hy jou kan seën voor sy dood.									
									    
								 
 - 
									
 - 
				
Sugerencias
 

Haga clic para leer Juan 14-15