-
Leer por capítulos:
-
Afrikaans (1953)
-
-
11
|Génesis 27:11|
Toe sê Jakob vir sy moeder Rebekka: Kyk, my broer Esau is 'n harige man en ek is 'n gladde man.
-
12
|Génesis 27:12|
Miskien sal my vader my betas, en ek sal in sy oë wees soos 'n spotter; so sou ek dan 'n vloek oor my bring en nie 'n seën nie.
-
13
|Génesis 27:13|
Maar sy moeder antwoord hom: Laat jou vloek op my wees, my seun! Luister net na my en gaan haal dit vir my.
-
14
|Génesis 27:14|
Toe het hy dit gaan haal en na sy moeder gebring. En sy moeder het daarvan 'n lekker ete gemaak soos sy vader dit graag wou hê.
-
15
|Génesis 27:15|
Ook neem Rebekka die beste klere van Esau, haar oudste seun, wat by haar in die huis was, en sy trek dit vir Jakob, haar jongste seun, aan;
-
16
|Génesis 27:16|
en die velle van die bokkies trek sy oor sy hande en oor die gladdigheid van sy nek,
-
17
|Génesis 27:17|
en sy gee die lekker ete en die brood wat sy gemaak het, in die hand van Jakob, haar seun.
-
18
|Génesis 27:18|
Toe kom hy by sy vader en sê: My vader! En hy antwoord: Hier is ek! Wie is jy, my seun?
-
19
|Génesis 27:19|
En Jakob sê aan sy vader: Ek is Esau, u eersgeborene. Ek het gedoen soos u my beveel het. Rig u tog op, sit en eet van my wildsvleis, dat u siel my kan seën.
-
20
|Génesis 27:20|
Daarop het Isak aan sy seun gesê: Hoe het jy dit so gou gekry, my seun? En hy antwoord: Omdat die Here u God dit my laat teëkom het.
-
-
Sugerencias
Haga clic para leer 1 Pedro 1-5