-
Leer por capítulos:
-
Afrikaans (1953)
-
-
14
|Génesis 50:14|
Daarna het Josef na Egipte teruggegaan, hy en sy broers en almal wat saam met hom opgetrek het om sy vader te begrawe, nadat hy sy vader begrawe het.
-
15
|Génesis 50:15|
Toe die broers van Josef sien dat hulle vader dood was, het hulle gesê: Sê nou Josef gaan ons as vyande behandel en hy gaan ons werklik vergelde al die kwaad wat ons hom aangedoen het!
-
16
|Génesis 50:16|
Daarom het hulle hierdie boodskap na Josef gestuur: U vader het voor sy dood bevel gegee met hierdie woorde:
-
17
|Génesis 50:17|
So moet julle vir Josef sê: Ag, vergewe tog die oortreding van jou broers en hulle sonde, want hulle het jou kwaad aangedoen. Maar nou, vergewe tog die oortreding van ons wat die God van u vader dien. En Josef het geween toe hulle met hom spreek.
-
18
|Génesis 50:18|
En sy broers het ook self gegaan en voor hom neergeval en gesê: Kyk, ons is u slawe.
-
19
|Génesis 50:19|
Maar Josef het hulle geantwoord: Moenie bevrees wees nie; want is ek in die plek van God?
-
20
|Génesis 50:20|
Want júlle het wel kwaad teen my bedink, maar God het dit ten goede gedink om te doen soos dit vandag is, om 'n groot volk in die lewe te hou.
-
21
|Génesis 50:21|
Wees dan nou nie bevrees nie: ék sal julle en julle kinders onderhou. So het hy hulle dan getroos en na hulle hart gespreek.
-
22
|Génesis 50:22|
En Josef het in Egipte gewoon, hy en die huis van sy vader. En Josef het honderd en tien jaar gelewe.
-
23
|Génesis 50:23|
En Josef het van Efraim kinders gesien van die derde geslag. Ook die kinders van Magir, die seun van Manasse, is op Josef se knieë gebore.
-
-
Sugerencias
Haga clic para leer 1 Pedro 1-5