-
Leer por capítulos:
-
Afrikaans (1953)
-
-
17
|Génesis 21:17|
Toe hoor God die stem van die seun, en die Engel van God het na Hagar geroep uit die hemel en haar gevra: Wat is dit met jou, Hagar? Wees nie bevrees nie, want God het na die stem van die seun geluister op die plek waar hy is.
-
18
|Génesis 21:18|
Staan op, tel die seun op en hou hom vas met jou hand, want Ek sal hom 'n groot nasie maak.
-
19
|Génesis 21:19|
Daarop het God haar oë geopen, en sy sien 'n put! En sy het geloop en die sak vol water gemaak en die seun laat drink.
-
20
|Génesis 21:20|
En God was met die seun; en hy het opgegroei en in die woestyn gewoon en 'n boogskutter geword:
-
21
|Génesis 21:21|
hy het in die woestyn Paran gewoon; en sy moeder het vir hom 'n vrou uit Egipteland geneem.
-
22
|Génesis 21:22|
In dié tyd het Abiméleg en Pigol, sy leërowerste, met Abraham gespreek en gesê: God is met jou in alles wat jy doen.
-
23
|Génesis 21:23|
Sweer dan nou vir my hier by God dat jy met my en my kroos en my nageslag nie vals sal handel nie; dieselfde guns wat ek jou bewys het, moet jy aan my bewys en aan die land waarin jy as vreemdeling vertoef.
-
24
|Génesis 21:24|
En Abraham antwoord: Ek sweer.
-
25
|Génesis 21:25|
Maar Abraham het Abiméleg aangespreek oor 'n put wat die dienaars van Abiméleg met geweld geneem het.
-
26
|Génesis 21:26|
Daarop antwoord Abiméleg: Ek weet nie wie dit gedoen het nie, en jy het my dit ook nie meegedeel nie, en ek het daar ook niks van gehoor nie as net vandag.
-
-
Sugerencias
Haga clic para leer 1 Juan 1-5