-
Leer por capítulos:
-
Afrikaans (1953)
-
-
47
|Génesis 31:47|
En Laban het dit Jegar-Sahadúta genoem, maar Jakob het dit Gal-ed genoem.
-
48
|Génesis 31:48|
Toe sê Laban: Hierdie hoop is vandag 'n getuie tussen my en jou. Daarom het hulle dit Gal-ed genoem,
-
49
|Génesis 31:49|
en ook Mispa, omdat hy gesê het: Mag die HERE wag hou tussen my en jou as ons mekaar nie meer sien nie.
-
50
|Génesis 31:50|
As jy my dogters mishandel, en as jy vroue neem by my dogters, dan is geen mens by ons nie: Kyk, God is getuie tussen my en jou.
-
51
|Génesis 31:51|
Verder sê Laban vir Jakob: Daar is dié hoop klippe, en daar is die gedenksteen wat ek tussen my en jou opgerig het--
-
52
|Génesis 31:52|
hierdie hoop klippe is getuie, en die gedenksteen is getuie dat ék na jou kant toe hierdie hoop nie sal verbytrek nie, en dat jy na my kant toe hierdie hoop en hierdie gedenksteen nie sal verbytrek met slegte bedoelinge nie.
-
53
|Génesis 31:53|
Die God van Abraham en die God van Nahor, die God van hulle vader, sal regter tussen ons wees. En Jakob het gesweer by die Vrees van sy vader Isak.
-
54
|Génesis 31:54|
Toe het Jakob 'n offer gebring op die gebergte en sy broers genooi om brood te eet. En hulle het brood geëet en die nag in die gebergte oorgebly.
-
55
|Génesis 31:55|
En Laban het die môre vroeg opgestaan en sy seuns en sy dogters gesoen en hulle geseën. Daarna het Laban vertrek en teruggekeer na sy woonplek.
-
1
|Génesis 32:1|
Jakob het ook verder gereis, en die engele van God het hom ontmoet.
-
-
Sugerencias
Haga clic para leer 1 Juan 1-5