- 
			
				
Leer por capítulos:
- 
									
   Afrikaans (1953)									 - 
									
									 
- 
									
									1
									 
									 
									|Mateo 11:1|
									En toe Jesus klaar was met bevele aan sy twaalf dissipels te gee, het Hy daarvandaan weggegaan om te leer en te preek in hulle stede.									
									    
								 
- 
									
									2
									 
									 
									|Mateo 11:2|
									En Johannes het in die gevangenis gehoor van die werke van Christus, en twee van sy dissipels gestuur									
									    
								 
- 
									
									3
									 
									 
									|Mateo 11:3|
									en vir Hom gesê: Is U die Een wat sou kom, of moet ons 'n ander een verwag?									
									    
								 
- 
									
									4
									 
									 
									|Mateo 11:4|
									En Jesus het geantwoord en vir hulle gesê: Gaan vertel aan Johannes wat julle hoor en sien:									
									    
								 
- 
									
									5
									 
									 
									|Mateo 11:5|
									blindes sien weer en kreupeles loop, melaatses word gereinig en dowes hoor, dooies word opgewek en aan armes word die evangelie verkondig.									
									    
								 
- 
									
									6
									 
									 
									|Mateo 11:6|
									En salig is elkeen wat aan My nie aanstoot neem nie.									
									    
								 
- 
									
									7
									 
									 
									|Mateo 11:7|
									En toe hulle vertrek, begin Jesus vir die skare aangaande Johannes te sê: Wat het julle uitgegaan om in die woestyn te aanskou? 'n Riet wat deur die wind beweeg word?									
									    
								 
- 
									
									8
									 
									 
									|Mateo 11:8|
									Maar wat het julle uitgegaan om te sien? 'n Man met sagte klere aan? Kyk, die wat sagte klere dra, is in die huise van konings.									
									    
								 
- 
									
									9
									 
									 
									|Mateo 11:9|
									Maar wat het julle uitgegaan om te sien? 'n Profeet? Ja, Ek sê vir julle, ook baie meer as 'n profeet!									
									    
								 
- 
									
									10
									 
									 
									|Mateo 11:10|
									Want dit is hy van wie daar geskrywe is: Kyk, Ek stuur my boodskapper voor u aangesig, wat u weg voor U uit sal regmaak.									
									    
								 
 - 
									
 - 
				
Sugerencias
 

Haga clic para leer Juan 14-15