- 
			
				
Leer por capítulos:
- 
									
   Afrikaans (1953)									 - 
									
									 
- 
									
									1
									 
									 
									|Mateo 26:1|
									En toe Jesus al hierdie woorde geëindig het, sê Hy vir sy dissipels:									
									    
								 
- 
									
									2
									 
									 
									|Mateo 26:2|
									Julle weet dat oor twee dae die pasga kom, dan word die Seun van die mens oorgelewer om gekruisig te word.									
									    
								 
- 
									
									3
									 
									 
									|Mateo 26:3|
									Toe kom die owerpriesters en die skrifgeleerdes en die ouderlinge van die volk bymekaar in die paleis van die hoëpriester wat Kájafas genoem word,									
									    
								 
- 
									
									4
									 
									 
									|Mateo 26:4|
									en hou saam raad om Jesus met lis gevange te neem en om die lewe te bring.									
									    
								 
- 
									
									5
									 
									 
									|Mateo 26:5|
									Maar hulle het gesê: Nie op die fees nie, sodat daar nie miskien oproer onder die volk kom nie.									
									    
								 
- 
									
									6
									 
									 
									|Mateo 26:6|
									En toe Jesus in Betánië was in die huis van Simon, die melaatse,									
									    
								 
- 
									
									7
									 
									 
									|Mateo 26:7|
									kom 'n vrou na Hom met 'n albaste fles met baie kosbare salf, en sy gooi dit op sy hoof uit terwyl Hy aan tafel was.									
									    
								 
- 
									
									8
									 
									 
									|Mateo 26:8|
									En toe sy dissipels dit sien, was hulle verontwaardig en sê: Waarvoor is hierdie verkwisting?									
									    
								 
- 
									
									9
									 
									 
									|Mateo 26:9|
									Want hierdie salf kon duur verkoop en die geld aan die armes gegee geword het.									
									    
								 
- 
									
									10
									 
									 
									|Mateo 26:10|
									Maar toe Jesus dit merk, sê Hy vir hulle: Waarom val julle die vrou lastig? Want sy het 'n goeie werk aan My gedoen.									
									    
								 
 - 
									
 - 
				
Sugerencias
 

Haga clic para leer Juan 14-15