- 
			
				
Leer por capítulos:
- 
									
   Afrikaans (1953)									 - 
									
									 
- 
									
									1
									 
									 
									|Mateo 13:1|
									En op daardie dag het Jesus uit die huis uitgegaan en by die see gaan sit.									
									    
								 
- 
									
									2
									 
									 
									|Mateo 13:2|
									En groot menigtes het by Hom vergader, sodat Hy in 'n skuit geklim en gaan sit het. En die hele skare het op die strand gestaan.									
									    
								 
- 
									
									3
									 
									 
									|Mateo 13:3|
									En Hy het baie dinge deur gelykenisse tot hulle gespreek en gesê: 'n Saaier het uitgegaan om te saai;									
									    
								 
- 
									
									4
									 
									 
									|Mateo 13:4|
									en terwyl hy saai, val 'n deel langs die pad, en die voëls het gekom en dit opgeëet.									
									    
								 
- 
									
									5
									 
									 
									|Mateo 13:5|
									En 'n ander deel het op rotsagtige plekke geval waar daar nie baie grond was nie; en dadelik het dit opgekom, omdat daar geen diepte van grond was nie;									
									    
								 
- 
									
									6
									 
									 
									|Mateo 13:6|
									maar toe die son opgaan, is dit verskroei, en omdat dit geen wortel gehad het nie, het dit verdroog.									
									    
								 
- 
									
									7
									 
									 
									|Mateo 13:7|
									En 'n ander deel het in die dorings geval, en die dorings het opgekom en dit verstik.									
									    
								 
- 
									
									8
									 
									 
									|Mateo 13:8|
									En 'n ander deel het in die goeie grond geval en vrug opgelewer: die een honderd--, die ander sestig--, die ander dertigvoudig.									
									    
								 
- 
									
									9
									 
									 
									|Mateo 13:9|
									Wie ore het om te hoor, laat hom hoor!									
									    
								 
- 
									
									10
									 
									 
									|Mateo 13:10|
									En die dissipels het gekom en vir Hom gesê: Waarom spreek U tot hulle deur gelykenisse?									
									    
								 
 - 
									
 - 
				
Sugerencias
 

Haga clic para leer Juan 14-15