- 
			
				
Leer por capítulos:
- 
									
   Afrikaans (1953)									 - 
									
									 
- 
									
									41
									 
									 
									|Mateo 13:41|
									die Seun van die mens sal sy engele uitstuur, en hulle sal uit sy koninkryk bymekaarmaak al die struikelblokke en die wat die ongeregtigheid doen,									
									    
								 
- 
									
									42
									 
									 
									|Mateo 13:42|
									en sal hulle in die vuuroond gooi. Daar sal geween wees en gekners van die tande.									
									    
								 
- 
									
									43
									 
									 
									|Mateo 13:43|
									Dan sal die regverdiges skyn soos die son in die koninkryk van hulle Vader. Wie ore het om te hoor, laat hom hoor.									
									    
								 
- 
									
									44
									 
									 
									|Mateo 13:44|
									Verder is die koninkryk van die hemele soos 'n skat wat verborge is in die saailand, wat 'n man kry en wegsteek; en uit blydskap daaroor gaan hy en verkoop alles wat hy het, en koop daardie saailand.									
									    
								 
- 
									
									45
									 
									 
									|Mateo 13:45|
									Verder is die koninkryk van die hemele soos 'n koopman wat mooi pêrels soek;									
									    
								 
- 
									
									46
									 
									 
									|Mateo 13:46|
									en toe hy een baie kosbare pêrel kry, gaan hy weg en verkoop alles wat hy het, en koop dit.									
									    
								 
- 
									
									47
									 
									 
									|Mateo 13:47|
									Verder is die koninkryk van die hemele soos 'n net wat in die see gegooi word en van elke soort bymekaarbring;									
									    
								 
- 
									
									48
									 
									 
									|Mateo 13:48|
									en as dit vol geword het, trek hulle dit op die strand uit en gaan sit en maak die goeies in bakke bymekaar, maar gooi die slegtes weg.									
									    
								 
- 
									
									49
									 
									 
									|Mateo 13:49|
									So sal dit wees in die voleinding van die wêreld: die engele sal uitgaan en die slegte mense onder die regverdiges uit afskei									
									    
								 
- 
									
									50
									 
									 
									|Mateo 13:50|
									en hulle in die vuuroond gooi. Daar sal geween wees en gekners van die tande.									
									    
								 
 - 
									
 - 
				
Sugerencias
 

Haga clic para leer Juan 16-18