- 
			
				
Leer por capítulos:
- 
									
   Afrikaans (1953)									 - 
									
									 
- 
									
									1
									 
									 
									|Mateo 27:1|
									En toe dit dag geword het, het al die owerpriesters en die ouderlinge van die volk saam raad gehou teen Jesus om Hom dood te maak.									
									    
								 
- 
									
									2
									 
									 
									|Mateo 27:2|
									En hulle het Hom geboei en weggelei en Hom oorgelewer aan Pontius Pilatus, die goewerneur.									
									    
								 
- 
									
									3
									 
									 
									|Mateo 27:3|
									Daarna het Judas, sy verraaier, toe hy sien dat Hy veroordeel was, berou gekry en die dertig silwerstukke teruggebring na die owerpriesters en die ouderlinge									
									    
								 
- 
									
									4
									 
									 
									|Mateo 27:4|
									en gesê: Ek het gesondig deur onskuldige bloed te verraai. Maar hulle sê: Wat gaan dit ons aan? Jy kan toesien!									
									    
								 
- 
									
									5
									 
									 
									|Mateo 27:5|
									En hy het die silwerstukke in die tempel neergegooi en weggeloop en homself gaan ophang.									
									    
								 
- 
									
									6
									 
									 
									|Mateo 27:6|
									En die owerpriesters het die silwerstukke geneem en gesê: Dit is nie geoorloof om dit in die skatkis te stort nie, omdat dit bloedgeld is.									
									    
								 
- 
									
									7
									 
									 
									|Mateo 27:7|
									En nadat hulle saam raad gehou het, het hulle die stuk grond van die pottebakker daarmee gekoop as 'n begraafplaas vir vreemdelinge.									
									    
								 
- 
									
									8
									 
									 
									|Mateo 27:8|
									Daarom is dié stuk grond genoem Bloedgrond, tot vandag toe.									
									    
								 
- 
									
									9
									 
									 
									|Mateo 27:9|
									Toe is vervul wat gespreek is deur Jeremia, die profeet, toe hy gesê het: En hulle het die dertig silwerstukke geneem, die prys van die gewaardeerde wat hulle gewaardeer het vanweë die kinders van Israel;									
									    
								 
- 
									
									10
									 
									 
									|Mateo 27:10|
									en hulle het dit gegee vir die grond van die pottebakker, soos die Here my beveel het.									
									    
								 
 - 
									
 - 
				
Sugerencias
 

Haga clic para leer Juan 16-18