- 
			
				
Leer por capítulos:
- 
									
   Afrikaans (1953)									 - 
									
									 
- 
									
									11
									 
									 
									|Mateo 27:11|
									En Jesus het voor die goewerneur gestaan, en die goewerneur het Hom die vraag gestel en gesê: Is U die Koning van die Jode? En Jesus antwoord hom: U sê dit.									
									    
								 
- 
									
									12
									 
									 
									|Mateo 27:12|
									En terwyl Hy deur die owerpriesters en die ouderlinge beskuldig word, het Hy niks geantwoord nie.									
									    
								 
- 
									
									13
									 
									 
									|Mateo 27:13|
									Toe sê Pilatus vir Hom: Hoor U nie hoe baie dinge hulle teen U getuig nie?									
									    
								 
- 
									
									14
									 
									 
									|Mateo 27:14|
									En Hy het hom op geen enkele woord geantwoord nie, sodat die goewerneur hom baie verwonder het.									
									    
								 
- 
									
									15
									 
									 
									|Mateo 27:15|
									En op die fees was die goewerneur gewoond om een gevangene, die een wat hulle wou hê, vir die skare los te laat.									
									    
								 
- 
									
									16
									 
									 
									|Mateo 27:16|
									En in daardie tyd het hulle 'n berugte gevangene gehad met die naam van Barábbas.									
									    
								 
- 
									
									17
									 
									 
									|Mateo 27:17|
									Nadat hulle dan byeengekom het, sê Pilatus vir hulle: Wie wil julle hê moet ek vir julle loslaat: Barábbas, of Jesus wat genoem word Christus?									
									    
								 
- 
									
									18
									 
									 
									|Mateo 27:18|
									Want hy het geweet dat hulle Hom uit nydigheid oorgelewer het.									
									    
								 
- 
									
									19
									 
									 
									|Mateo 27:19|
									En terwyl hy op die regbank sit, het sy vrou na hom gestuur en gesê: Moet tog niks te doen hê met dié regverdige man nie, want ek het vandag in 'n droom baie gely om sy ontwil.									
									    
								 
- 
									
									20
									 
									 
									|Mateo 27:20|
									Maar die owerpriesters en die ouderlinge het die skare oorgehaal dat hulle Barábbas moes begeer en Jesus ombring.									
									    
								 
 - 
									
 - 
				
Sugerencias
 

Haga clic para leer Juan 16-18