- 
			
				
Leer por capítulos:
- 
									
   Afrikaans (1953)									 - 
									
									 
- 
									
									1
									 
									 
									|Mateo 4:1|
									Toe is Jesus deur die Gees weggelei die woestyn in om versoek te word deur die duiwel.									
									    
								 
- 
									
									2
									 
									 
									|Mateo 4:2|
									En nadat Hy veertig dae en veertig nagte gevas het, het Hy naderhand honger geword.									
									    
								 
- 
									
									3
									 
									 
									|Mateo 4:3|
									En die versoeker het na Hom gekom en gesê: As U die Seun van God is, sê dat hierdie klippe brode word.									
									    
								 
- 
									
									4
									 
									 
									|Mateo 4:4|
									Maar Hy antwoord en sê: Daar is geskrywe: Die mens sal nie van brood alleen lewe nie, maar van elke woord wat deur die mond van God uitgaan.									
									    
								 
- 
									
									5
									 
									 
									|Mateo 4:5|
									Toe neem die duiwel Hom saam na die heilige stad en laat Hom op die dak van die tempel staan									
									    
								 
- 
									
									6
									 
									 
									|Mateo 4:6|
									en sê vir Hom: As U die Seun van God is, werp Uself af; want daar is geskrywe: Hy sal sy engele bevel gee aangaande U, en hulle sal U op die hande dra, sodat U nie miskien u voet teen 'n klip stamp nie.									
									    
								 
- 
									
									7
									 
									 
									|Mateo 4:7|
									Jesus sê vir hom: Daar is óók geskrywe: Jy mag die Here jou God nie versoek nie.									
									    
								 
- 
									
									8
									 
									 
									|Mateo 4:8|
									Weer neem die duiwel Hom saam na 'n baie hoë berg en wys Hom al die koninkryke van die wêreld en hulle heerlikheid,									
									    
								 
- 
									
									9
									 
									 
									|Mateo 4:9|
									en sê vir Hom: Al hierdie dinge sal ek aan U gee as U neerval en my aanbid.									
									    
								 
- 
									
									10
									 
									 
									|Mateo 4:10|
									Toe sê Jesus vir hom: Gaan weg, Satan! want daar is geskrywe: Die Here jou God moet jy aanbid en Hom alleen dien.									
									    
								 
 - 
									
 - 
				
Sugerencias
 

Haga clic para leer Juan 16-18