- 
			
				
Leer por capítulos:
- 
									
   Afrikaans (1953)									 - 
									
									 
- 
									
									1
									 
									 
									|Mateo 5:1|
									En toe Hy die skare sien, het Hy op die berg geklim; en nadat Hy gaan sit het, het sy dissipels na Hom gekom;									
									    
								 
- 
									
									2
									 
									 
									|Mateo 5:2|
									en Hy het sy mond geopen en hulle geleer en gesê:									
									    
								 
- 
									
									3
									 
									 
									|Mateo 5:3|
									Salig is die wat arm van gees is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemele.									
									    
								 
- 
									
									4
									 
									 
									|Mateo 5:4|
									Salig is die wat treur, want hulle sal vertroos word.									
									    
								 
- 
									
									5
									 
									 
									|Mateo 5:5|
									Salig is die sagmoediges, want hulle sal die aarde beërwe.									
									    
								 
- 
									
									6
									 
									 
									|Mateo 5:6|
									Salig is die wat honger en dors na die geregtigheid, want hulle sal versadig word.									
									    
								 
- 
									
									7
									 
									 
									|Mateo 5:7|
									Salig is die barmhartiges, want aan hulle sal barmhartigheid bewys word.									
									    
								 
- 
									
									8
									 
									 
									|Mateo 5:8|
									Salig is die wat rein van hart is, want hulle sal God sien.									
									    
								 
- 
									
									9
									 
									 
									|Mateo 5:9|
									Salig is die vredemakers, want hulle sal kinders van God genoem word.									
									    
								 
- 
									
									10
									 
									 
									|Mateo 5:10|
									Salig is die wat vervolg word ter wille van die geregtigheid, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemele.									
									    
								 
 - 
									
 - 
				
Sugerencias
 

Haga clic para leer Juan 14-15