- 
			
				
Leer por capítulos:
- 
									
   Afrikaans (1953)									 - 
									
									 
- 
									
									31
									 
									 
									|Mateo 5:31|
									Daar is ook gesê: Elkeen wat van sy vrou skei, moet haar 'n skeibrief gee.									
									    
								 
- 
									
									32
									 
									 
									|Mateo 5:32|
									Maar Ek sê vir julle dat elkeen wat van sy vrou skei, behalwe omrede van hoerery, maak dat sy egbreuk pleeg, en elkeen wat die geskeie vrou trou, pleeg egbreuk.									
									    
								 
- 
									
									33
									 
									 
									|Mateo 5:33|
									Verder het julle gehoor dat aan die mense van die ou tyd gesê is: Jy mag nie vals sweer nie, maar jy moet jou ede aan die Here hou.									
									    
								 
- 
									
									34
									 
									 
									|Mateo 5:34|
									Maar Ek sê vir julle: Sweer hoegenaamd nie--nie by die hemel nie, omdat dit die troon van God is;									
									    
								 
- 
									
									35
									 
									 
									|Mateo 5:35|
									ook nie by die aarde nie, omdat dit die voetbank van sy voete is; ook nie by Jerusalem nie, omdat dit die stad is van die groot Koning;									
									    
								 
- 
									
									36
									 
									 
									|Mateo 5:36|
									ook by jou hoof mag jy nie sweer nie, omdat jy nie een haar wit of swart kan maak nie.									
									    
								 
- 
									
									37
									 
									 
									|Mateo 5:37|
									Maar laat julle woord wees: Ja ja, nee nee. Wat meer as dit is, is uit die Bose.									
									    
								 
- 
									
									38
									 
									 
									|Mateo 5:38|
									Julle het gehoor dat daar gesê is: Oog vir oog en tand vir tand.									
									    
								 
- 
									
									39
									 
									 
									|Mateo 5:39|
									Maar Ek sê vir julle dat julle 'n slegte mens nie moet weerstaan nie; maar as iemand jou op jou regterwang slaan, draai ook die ander een na hom toe.									
									    
								 
- 
									
									40
									 
									 
									|Mateo 5:40|
									En hy wat met jou na die gereg wil gaan en jou onderkleed wil neem, laat hom ook die bo-kleed kry.									
									    
								 
 - 
									
 - 
				
Sugerencias
 

Haga clic para leer Juan 16-18