- 
			
				
Leer por capítulos:
- 
									
   Afrikaans (1953)									 - 
									
									 
- 
									
									1
									 
									 
									|Mateo 17:1|
									En ná ses dae het Jesus vir Petrus en Jakobus en Johannes, sy broer, saamgeneem en hulle op 'n hoë berg in die eensaamheid gebring.									
									    
								 
- 
									
									2
									 
									 
									|Mateo 17:2|
									En Hy het voor hulle van gedaante verander, en sy aangesig het geblink soos die son, en sy klere het wit geword soos die lig.									
									    
								 
- 
									
									3
									 
									 
									|Mateo 17:3|
									En kyk, daar verskyn aan hulle Moses en Elía in gesprek met Hom.									
									    
								 
- 
									
									4
									 
									 
									|Mateo 17:4|
									Toe begin Petrus vir Jesus te sê: Here, dit is goed dat ons hier is; as U wil, laat ons hier drie hutte maak: vir U een en vir Moses een en een vir Elía.									
									    
								 
- 
									
									5
									 
									 
									|Mateo 17:5|
									Terwyl hy nog spreek, oordek 'n helderligte wolk hulle meteens en daar sê 'n stem uit die wolk: Dit is my geliefde Seun in wie Ek 'n welbehae het. Luister na Hom!									
									    
								 
- 
									
									6
									 
									 
									|Mateo 17:6|
									En toe die dissipels dit hoor, het hulle op hul aangesig geval en was baie bevrees.									
									    
								 
- 
									
									7
									 
									 
									|Mateo 17:7|
									En Jesus het nader gekom en hulle aangeraak en gesê: Staan op en moenie vrees nie.									
									    
								 
- 
									
									8
									 
									 
									|Mateo 17:8|
									Toe slaan hulle hul oë op en sien niemand meer nie, behalwe Jesus alleen.									
									    
								 
- 
									
									9
									 
									 
									|Mateo 17:9|
									En onderwyl hulle van die berg afklim, het Jesus hulle bevel gegee en gesê: Julle moet vir niemand iets van die gesig sê voordat die Seun van die mens uit die dode opgestaan het nie.									
									    
								 
- 
									
									10
									 
									 
									|Mateo 17:10|
									En sy dissipels vra Hom en sê: Waarom sê die skrifgeleerdes dan dat Elía eers moet kom?									
									    
								 
 - 
									
 - 
				
Sugerencias
 

Haga clic para leer Juan 14-15