- 
			
				
Leer por capítulos:
- 
									
   Afrikaans (1953)									 - 
									
									 
- 
									
									51
									 
									 
									|Mateo 13:51|
									Jesus sê vir hulle: Het julle ál hierdie dinge verstaan? Hulle antwoord Hom: Ja, Here!									
									    
								 
- 
									
									52
									 
									 
									|Mateo 13:52|
									Toe sê Hy vir hulle: Daarom is elke skrifgeleerde wat 'n leerling geword het in die koninkryk van die hemele, soos 'n huisheer wat uit sy skat nuwe en ou dinge te voorskyn bring.									
									    
								 
- 
									
									53
									 
									 
									|Mateo 13:53|
									En toe Jesus hierdie gelykenisse geëindig het, het Hy daarvandaan weggegaan.									
									    
								 
- 
									
									54
									 
									 
									|Mateo 13:54|
									En Hy het in sy vaderstad gekom en hulle geleer in hul sinagoge, sodat hulle verslae was en gesê het: Waar kry Hy hierdie wysheid en kragte vandaan?									
									    
								 
- 
									
									55
									 
									 
									|Mateo 13:55|
									Is Hy nie die seun van die timmerman nie? Is die naam van sy moeder nie Maria en dié van sy broers Jakobus en Joses en Simon en Judas nie?									
									    
								 
- 
									
									56
									 
									 
									|Mateo 13:56|
									En sy susters, is hulle nie almal by ons nie? Waar kry Hy dan al hierdie dinge vandaan?									
									    
								 
- 
									
									57
									 
									 
									|Mateo 13:57|
									En hulle het aanstoot aan Hom geneem. Maar Jesus sê vir hulle: 'n Profeet is nie ongeëerd nie, behalwe in sy vaderland en in sy huis.									
									    
								 
- 
									
									58
									 
									 
									|Mateo 13:58|
									En Hy het daar vanweë hulle ongeloof nie baie kragtige dade gedoen nie.									
									    
								 
 - 
									
 - 
				
Sugerencias
 

Haga clic para leer Juan 16-18