- 
			
				
Leer por capítulos:
- 
									
   Afrikaans (1953)									 - 
									
									 
- 
									
									1
									 
									 
									|Mateo 19:1|
									En toe Jesus hierdie woorde geëindig het, het Hy van Galiléa vertrek en in die gebied van Judéa oorkant die Jordaan gekom.									
									    
								 
- 
									
									2
									 
									 
									|Mateo 19:2|
									En groot menigtes het Hom gevolg, en Hy het hulle daar gesond gemaak.									
									    
								 
- 
									
									3
									 
									 
									|Mateo 19:3|
									Toe kom die Fariseërs na Hom om Hom te versoek, en sê vir Hom: Is dit 'n man geoorloof om oor allerhande redes van sy vrou te skei?									
									    
								 
- 
									
									4
									 
									 
									|Mateo 19:4|
									En Hy antwoord hulle en sê: Het julle nie gelees dat Hy wat hulle gemaak het, hulle van die begin af man en vrou gemaak het nie,									
									    
								 
- 
									
									5
									 
									 
									|Mateo 19:5|
									en gesê het: Om hierdie rede sal die man sy vader en sy moeder verlaat en sy vrou aankleef, en hulle twee sal een vlees wees;									
									    
								 
- 
									
									6
									 
									 
									|Mateo 19:6|
									sodat hulle nie meer twee is nie, maar een vlees? Wat God dan saamgevoeg het, mag geen mens skei nie.									
									    
								 
- 
									
									7
									 
									 
									|Mateo 19:7|
									Hulle sê vir Hom: Waarom het Moses dan beveel om 'n skeibrief te gee en van haar te skei?									
									    
								 
- 
									
									8
									 
									 
									|Mateo 19:8|
									Hy antwoord hulle: Omdat Moses weens die hardheid van jul harte julle toegelaat het om van julle vroue te skei; maar van die begin af was dit nie so nie.									
									    
								 
- 
									
									9
									 
									 
									|Mateo 19:9|
									Maar Ek sê vir julle, elkeen wat van sy vrou skei, behalwe oor hoerery, en 'n ander een trou, pleeg egbreuk; en die wat die geskeie vrou trou, pleeg egbreuk.									
									    
								 
- 
									
									10
									 
									 
									|Mateo 19:10|
									Sy dissipels sê vir Hom: As die saak van 'n man met 'n vrou so is, dan is dit nie wenslik om te trou nie.									
									    
								 
 - 
									
 - 
				
Sugerencias
 

Haga clic para leer Juan 16-18